Karen Pieterse

Karen Pieterse is op 28 Januarie 1992 in die dorpie Knysna gebore. Sy is die derde oudste van vier dogters. Karen het haar laerskoolloopbaan by Fraaisig Primêr voltooi en haar hoërskoolopleiding aan Knysna Sekondêr afgerond.

Sy werk tans voltyds as ‘n onderwyseres by Pacaltsdorp Sekondêre Skool, waar sy daagliks met oorgawe kinders begelei. Haar liefde vir kinders en onderwys dryf haar om op akademiese, geestelike en persoonlike vlak ‘n verskil te maak.

Karen het reeds op ‘n jong ouderdom ‘n passie vir skryf ontwikkel. Vandag leef sy daardie roeping voluit uit. Sy skryf om te inspireer, motiveer en aan te moedig. As trotse vrou deel sy haar woorde met die hoop om ander te bemoedig en sterker te laat voel.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die eenvoudige ek 2

R119.00

Wees Jy net Jy
Karen wil deur die digbundel Die Vrou inspireer en bou. Dit is maklik om jouself te verloor maar die Eenvoudige Ek verstaan die uitdagings, die trane, teleurstelling, twyfel en pyn. Daar is baie dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. Een van daardie dinge is die onophoudelike sterktes van ‘n vrou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die eenvoudige ek

R119.00

Die bundel begin met “genade” en eindig met “die beginner”. Hoe sluit die twee bymekaar aan? Om te besef dat alles waardeur jy as mens gekom het was net deur genade. Baie mense gee op en baie mense twyfel maar genadiglik maak jy dit deur alles, ongeag. Die beginner dui daarop dat die toerusting wat jy benodig is binne jou. Dis ‘n nuwe begin vir jou, want die deurlopende lees van die bundel bring jou tot hierdie punt van hoop, liefde, vreugde en vrede. Jy het ‘n nuwe visie, nuwe krag, nuwe wysheid en ‘n nuwe liefde vir jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page