Loret Zwarts

Loret Zwarts is 'n spannings- en romanskrywer wat in Vierfontein woon. Sy het landwyd grootgeword weens haar pa se werk en het van jongs af elke boek verslind wat sy kon kry. Haar passie vir skryf het eers posgevat toe haar kinders in die hoërskool was.

Haar boek Bladsye van Verraad vertel die verhaal van ’n soldaat wat tydens die oorlog tussen Suid-Afrika en Angola verraad pleeg – teenoor sy land én sy vrou. Die verhaal sluit 'n tweelingbroers-kinkel in wat op dramatiese wyse herenig word.

Loret skryf met rou emosie en vind inspirasie in die dood, liefde en alledaagse lewe. Sy glo mens moet leer om gelukkig te wees te midde van ongelukkigheid. Wanneer sy nie skryf nie, skilder sy. Sy noem Ena Murray as een van haar gunsteling-skrywers en waardeer haar lesers vir hul tyd en verbondenheid aan haar stories.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Seksgodin

Price range: R79.00 through R189.00

Merinda en Melanie, ‘n identiese tweeling, word kleintyd geskei. waar elkeen met ‘n ouer apart grootword. Melanie word saam met hulle moeder by tant Ester groot, en Marinda bly by haar vader in die groot herehuis; die huis van onheil waar pedofiele uitgesoekte gaste is. As kind, tiener en later ‘n jong vrou weet Merinda presies hoe ‘n man se kop werk. Sy leer om in onuithoudbare omstandighede te oorleef en ook hoe om haar vrees en liggaam as wapen te gebruik om haar doel te bereik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Celebrate Life

Price range: R49.00 through R129.00

Each day is a new gift to open. A new day for new beginnings and opportunities. Don’t let a problem stand in front of you like a mountain.
Start with small steps, one at a time, and you will reach the top with confidence and pride.
An Inspirational Bundle.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Halfeeu

R189.00

Die lewe is ’n tyd in ’n uurglas verseël. My halfeeu-bestaan lê in hierdie bundel in ink op papier. Ek het kaalvoetspore wat ek in liefde kon omsoom. My lewe het deur die uurglas in keuses en swaarkry gestroom. Woorde wat skarrel tussen ink op papier, wat getuig van ’n halfeeu se liefde en leed. Vreugdes wat ek aan elke sandkorrel kon meet.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Genade Vlerke

R149.00

In Genade Vlerke word my lewe word bymekaar gemaak net  soos broodkrummels.

‘n Digbundel wat spreek tot in jou hart.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Truspieël

R209.00

Loret Zwarts skryf gedigte oor twee dekades en na berading word dit terapie. Uit die seerkry in haar lewe is hierdie bundel gebore. Elke letter dans op die maat van emosie in swart geklee op wit papier.
Die titel Truspieël is dan ook gepas, om te onthou, maar nooit weer terug of om te kyk nie. Truspieël is rou emosie van ‘n vrou en ma wat nie toegelaat het dat seerkry haar omgee en liefde steel nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bladsye van verraad

Price range: R79.00 through R199.00

Lynette se huwelik is op die rand van ondergang oor Johan se verslawing aan glanspapier-verraad. Sy wil skei, maar gee in tot ná sy weermagkamp. Wanneer Johan ernstig gewond uit Angola terugkeer, kom die skokkende waarheid na vore: hy het dalk meer as net haar verraai – dalk ook sy land. Terwyl hy in ’n koma lê, soek sy en die weermag antwoorde. Intussen vind sy steun by Wikus, die medic. Maar geheime van twee generaals en ’n tweeling verander alles.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stasie huis no 5

Price range: R59.00 through R149.00

Die lief en leed van ‘n spoorweg-gemeenskap wat die lewe van anderkant die treinspoor ken.
‘n Hartroerende verhaal van Drien en Sarie en hulle verbete baklei teen die wrede werklikheid van verkragting, molestering en aanranding. Sal die mense van Stasiehuis no 5 weer vrede vind?
Kom lees hierdie boeiende verhaal en ervaar die swaarkry van anderkant die spoorlyn.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dongola

Price range: R69.00 through R179.00

Dit is hier waar mens leef, vir ’n rukkie vergeet van als wat onnodig saamsleep En nie vergeet wil word nie. Weer soos vanoggend, wat ’n paar blou oë hom agtervolg wat hy liefs weg wil bêre in hartskamers wat hare alleen was. Hy’s nog nie reg om haar daar uit te haal en aan te beweeg nie. Hy klim uit, stadig, leun oor die deur en kyk skrefies oe die veld in. Die lug is dun en vars en hy vat ’n diep asemteug en blaas dit hard uit terwyl hy uitrek met sy arms bokant sy kop. Die blonde hare lê deurmekaar op sy voorkop en selfbewus trek hy sy hand daardeur.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page