Die rooigloed van die oggendson, lek aan die randte en val tussen die blare tot op die stofpad om die grond warm te bak. ’n Kwêvoël laat van hom hoor en tarentale kwetter soos hulle die oggend aankondig. Gustav se gespierde arm rus op die venster van die jeep. Die rustigheid van die natuur het hom nog altyd geboei, dit is hier waar hy wil wees in die bos.
Dit is hier waar mens leef, vir ’n rukkie vergeet van als wat onnodig saamsleep En nie vergeet wil word nie. Weer soos vanoggend, wat ’n paar blou oë hom agtervolg wat hy liefs weg wil bêre in hartskamers wat hare alleen was. Hy’s nog nie reg om haar daar uit te haal en aan te beweeg nie. Hy klim uit, stadig, leun oor die deur en kyk skrefies oe die veld in. Die lug is dun en vars en hy vat ’n diep asemteug en blaas dit hard uit terwyl hy uitrek met sy arms bokant sy kop. Die blonde hare lê deurmekaar op sy voorkop en selfbewus trek hy sy hand daardeur.
Seksgodin
Price range: R79.00 through R189.00Merinda en Melanie, ‘n identiese tweeling, word kleintyd geskei. waar elkeen met ‘n ouer apart grootword. Melanie word saam met hulle moeder by tant Ester groot, en Marinda bly by haar vader in die groot herehuis; die huis van onheil waar pedofiele uitgesoekte gaste is. As kind, tiener en later ‘n jong vrou weet Merinda presies hoe ‘n man se kop werk. Sy leer om in onuithoudbare omstandighede te oorleef en ook hoe om haar vrees en liggaam as wapen te gebruik om haar doel te bereik.

Reviews
There are no reviews yet.