Maruanda Wynne

Maruanda Wynne is ‘n skrywer en borduurkunstenaar wat haar tyd verdeel tussen Kaapstad en Prince Albert. In Prince Albert maak sy deel uit van die Open Studios Kunstenaars en dien sy as ‘n vrywillige fasiliteerder by Slimlappies, ‘n gemeenskapsorganisasie waar sy kinders help met lees en kreatiewe skryfwerk. Haar betrokkenheid by kinders en kreatiewe projekte weerspieël haar passie om ander te inspireer en hul stories te laat leef.

Haar skryfwerk word gedryf deur die oortuiging dat stories ‘n kragtige middel is om mense te verbind en te bemagtig.Deur haar kuns en woorde kombineer sy kreatiwiteit en gemeenskapsbetrokkenheid, wat haar dryf om skrywe te gebruik as ‘n manier om verbeelding en selfuitdrukking aan te moedig. Haar werk fokus op die ontwikkeling van vaardighede en die oopmaak van nuwe wêrelde vir jong lesers en skrywers.

Author's books

Dagbreek (Groot Druk)

R189.00

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy
verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en
oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n
vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as
feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Annemarie

Price range: R99.00 through R309.00

Annemarie Vermaak is in haar laat veertigs, getroud met Prof Johan Vermaak en het drie dogters. Leer ken die lewe van Annemarie onder die houvas van Johan se verbale, emosionele en later fisiese mishandeling. Haar drie vriendinne speel ‘n kardinale rol in haar lewe wanneer sake ‘n radikale wending neem. Gaan Annemarie die geleentheid kry om ‘n nuwe lewe sonder Johan te begin, en teen watter prys? Hoe stel ‘n vrou haarself beskikbaar vir die moontlikheid van nuwe liefde as daar nog so ‘n sterk houvas op jou lewe is?
Annemarie is ‘n storie van introspeksie, val, opstaan, vergewe en weer begin.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dagbreek

Price range: R39.00 through R139.00

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis. Sy smag na die onopgesmuktheid en ooptes van die Karoo.
Sy en Stefaanskat bly in die tuinwoonstel van Stefan Marais. Die dorpenaars ontvang haar met agterdog wanneer sy met die fiets, wat Stefan gesê het sy mag gebruik, rondry. Liefde was nie haar motivering om Karoo toe te trek nie, maar een ontmoeting met Stefan en die koeël is deur die kerk, vir Bianca en Stefaanskat.
Voel Stefan ook so, en hoe hanteer hy Pieter se ongenooide besoek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page