Price range: R39.00 through R139.00

Dagbreek

(2 customer reviews)

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis. Sy smag na die onopgesmuktheid en ooptes van die Karoo.
Sy en Stefaanskat bly in die tuinwoonstel van Stefan Marais. Die dorpenaars ontvang haar met agterdog wanneer sy met die fiets, wat Stefan gesê het sy mag gebruik, rondry. Liefde was nie haar motivering om Karoo toe te trek nie, maar een ontmoeting met Stefan en die koeël is deur die kerk, vir Bianca en Stefaanskat.
Voel Stefan ook so, en hoe hanteer hy Pieter se ongenooide besoek?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-227-1 117 2019-08-24 Afrikaans N/A

Meet The Author

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis. Sy smag na die onopgesmuktheid en ooptes van die Karoo.
Sy en Stefaanskat bly in die tuinwoonstel van Stefan Marais. Die dorpenaars ontvang haar met agterdog wanneer sy met die fiets, wat Stefan gesê het sy mag gebruik, rondry. Liefde was nie haar motivering om Karoo toe te trek nie, maar een ontmoeting met Stefan en die koeël is deur die kerk, vir Bianca en Stefaanskat.
Voel Stefan ook so, en hoe hanteer hy Pieter se ongenooide besoek?

Book Type

, ,

Language

Age Group

2 reviews for Dagbreek

  1. marsdrey

    In Dagbreek neem Maruanda Wynne jou op ‘n reis deur twee baie verskillende wêrelde. Eers die een van die stad, met soms baie kunsmatige mense, wat soos Advokaat Pieter so selfsugtig is en niemand anders in ag neem nie. Wat soos sy die beskryf op sy eie Ekspedisie is van vroeg tot laat en probeer om haar te verander om by sy lewe in te pas – geen emosies, geen waardering, geen regte waardes, alles net plastiek en aangeplak. Ek het meer as een maal gevoel ek klap die man dat sy ore sing so goed is sy karakter beskryf in Dagbreek. Maar was my vreugde groot toe Bianca uiteindelik platteland toe verhuis. Meer as een maal het ek hardop gelag vir Dolla haar vriendin, so ‘n regte no-nonsens vriendin wat dit sê soos dit is. Dan die teenstelling as sy op die platteland ‘n nuwe uitdaging en lewe begin. En wie op aarde sal nie ‘n buurman/landlord soos Stefan wil hê nie!
    Hierdie is ‘n boek wat jou deur verskeie emosies sal neem, niks tot die uiterste toe nie, maar alles in die regte maat. Jy sal Pieter wil te lyf gaan, Bianca jammer kry, vir Dolla lag en dan die tonne krul lekker deel waar die liefde begin blom net om alles af te rond. Wel gedaan Maruanda Wynne.

  2. fitchetnoleen

    Vrolike verhaal met n heldin wat plat op die aarde is en Streetwise 2 en coke verlies.
    Sy geniet die natuur en aardse dinge.
    n Windbol advokaat word op sy plek gesit.
    Haar kat en nuwe liefde word bondgenote en so kom die regte pasmaat by Bianca uit.

    Die Karoo is soveel meer as wat sy verwag het.

    N lekker lees verhaal

Add a review