Nicoline Cockrell

Nicoline Cockrell is op 22 November 1962 in die Namakwaland-distrik gebore as die tweede jongste van agt kinders. Ná matriek het sy haar in Kaapstad gevestig, waar sy haar loopbaan as administratiewe beampte aan ’n vooraanstaande universiteit begin het. Vandag is sy steeds verbind aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy vir dekades ’n waardevolle bydrae lewer.

Haar liefde vir lees het reeds vroeg posgevat en uiteindelik gegroei tot ’n passie vir skryf. As jong weduwee moes sy twee kleuters alleen grootmaak—’n reis wat haar veerkragtigheid en innerlike krag vormgegee het. Sy is later weer getroud en deel tans haar huis met haar jongste dogter.

Sy is die trotse moeder van drie volwasse kinders en ouma van twee kleinseuns. Haar lewensverhaal, met al sy uitdagings en oorwinnings, dien as inspirasie vir haar skryfwerk en gee dit ’n diepte en egtheid wat lesers aangryp.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Melodie van die Winterwind

Price range: R39.00 through R139.00

Gretha Meyer is alleenlopend en bietjie lugtig vir die liefde nadat sy alreeds deurgeloop het en deur die liefde verraai is. Dan ontmoet sy onverwags een wintersaand die verdwaalde Gerhard met sy ietwat Amerikaanse aksent, na baie jare in die buiteland. Sy reël ‘n staptog vir haar stapklub en Gerhard besluit om saam te gaan. Hy bring ’n paar mense saam wat vreemdelinge vir die klub is, en haar lewe word skielik bedreig op die roete waarna sy so lank uitgesien het!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Leesgenot 13

Price range: R99.00 through R289.00

Vier verhale in een

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Gister se prooi

Price range: R39.00 through R139.00

Marina is middeljarig, en sukkel om van die seerkry en herinneringe aan gister en die verlede ontslae te raak. Sy bevind haarself aan die Kaapse weskus in ‘n lieflike vissershuisie wat sy self gerestoureer het. Dis ook hier waar sy onverwags weer haar jeugliefde raakloop. Dan maak Hendrik egter weer skielik sy opwagting, en die poppe begin behoorlik dans wanneer hy Bernard in haar geselskap aantref. Sal Bernard die toets van die tyd kan deurstaan, of sal hulle maar weer soos tevore van mekaar afsien? Daar is ook die mooie Lani wat gereeld in Bernard se geselskap aangetref word, waarmee rekening gehou moet word. Sy het haarself alreeds in sy besigheid en privaatsake ingewurm om te sorg dat sy die aantreklike sakeman vir haarself inpalm.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verskuilde agenda

Price range: R39.00 through R139.00

Talana Malan begin ’n nuwe pos by die universiteit, maar haar geheimsinnigheid en afsydigheid wek agterdog by kollegas. ’n Toer help nie haar eensaamheid verdryf nie, terwyl Daniel – wat haar graag beter wil leer ken – moed opgee en oorsee studeer. Intussen versorg sy klein Tiaan en worstel met familiegeheime en agterdogtige vriende. Kan sy Daniel se begrip wen as sy haar waarheid onthul? Of sal sy eerder swig voor die sjarmante Henk wat sy tydens ’n Weskus-kuier ontmoet?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nakelaan

Price range: R39.00 through R139.00

Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page