Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy moet in haar hoërskooldae vir haar ouer boeties, jonger suster en pa huishou, toe die oudste suster besluit om te trou en die huis verlaat. Die ongerepte hardheid van die Nama-Karoo laat haar na vêr en onbekende dinge verlang. Tog kan sy nie haar trots wegsteek wanneer ‘n uitsonderlike blomjaar aanbreek, en die droë klipkoppies laat lewe en blom nie.
Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou. Dis egter tot groot ergernis van Surie, Nakelaan se beste vriendin en vertroueling.
Haar pa trou later met tannie Mart, wat vir Nakelaan help om haar droom om Universiteit toe te gaan, ‘n werklikheid maak. Sy geniet die studentelewe, maar hoe nou gemaak met Surie, ’n alleenkind, wat sonder haar die mas moet opkom?
Melodie van die Winterwind
Price range: R39.00 through R139.00Gretha Meyer is alleenlopend en bietjie lugtig vir die liefde nadat sy alreeds deurgeloop het en deur die liefde verraai is. Dan ontmoet sy onverwags een wintersaand die verdwaalde Gerhard met sy ietwat Amerikaanse aksent, na baie jare in die buiteland. Sy reël ‘n staptog vir haar stapklub en Gerhard besluit om saam te gaan. Hy bring ’n paar mense saam wat vreemdelinge vir die klub is, en haar lewe word skielik bedreig op die roete waarna sy so lank uitgesien het!

Reviews
There are no reviews yet.