Roeline Snyders-Ruiter

Roeline Snyders-Ruiter woon in die klein Noord-Kaapse dorpie Bulletrap, naby Springbok. Sy het in Nababeep grootgeword, en haar kinderjare in dié unieke streek vorm die hartklop van haar stories. Skryf het vir haar reeds op skool begin as ’n persoonlike uitlaatklep, maar dit het later ’n lewenslange passie geword wat haar nie kon los nie.

Sy vertel graag stories wat die menslike ervaring vasvang — veral dié van gewone mense in buitengewone omstandighede. Haar werk wissel tussen kortverhale, novelles en gedigte, en sy haal inspirasie uit alledaagse situasies en mense. Sy skryf spontaan, met ’n sterk gevoel vir emosie en waarheid.

Roeline geniet dit om tyd saam met haar kleindogters deur te bring, lief te kook en na goeie films te kyk. As skrywer waardeer sy haar lesers opreg, want hulle gee betekenis aan haar woorde en motiveer haar om te bly skryf.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stories wat saak maak

Price range: R59.00 through R159.00

Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pa noem haar Ounooi

Price range: R39.00 through R139.00

Ek glo ons het elkeen ‘n eiland in ons gees waar net jy en God kan kom. Dis ‘n eiland waar ‘n mens se rou wonde en eelte naak lê. Dis ook ‘n plek waar God in jou oor fluister en sê dat jou naam alreeds in Sy handpalm geskryf staan en dat jy het wat nodig is om aan te gaan ten spyte van jou omstandighede. Ek glo my ma het so ‘n eiland in haar gees gehad, want hoe anders kon sy aangaan. Hierdie is my onthou van my ma, dit is haar storie, maar ook ons storie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dans in die Storm

Price range: R39.00 through R149.00

Cleo is so kwaad vir haar man omdat hy haar vir so lank vir die gek gehou het. Sy wat nog altyd so hoogmoedig trots was op haar sexy man wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Sy het bederf gevoel deur hierdie sagte man wat nooit sy emosies en pyn wegsteek nie. Hy voel dinge soos geen man wat sy ken dit voel nie, daarom kon hulle twee so lekker connect met mekaar. Die Vader weet! Sy is lief vir Jaco Eretze!
Hoe kon hy dit aan haar doen! Hoe op aarde kon verraad vastrap plek in hul huwelik kry

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In die holte van sy hand

Price range: R69.00 through R169.00

As die vrou van ‘n mynwerker in die Noord-Kaapse dorpie, Nababeep, word Anne gou in haar huwelik ontnugter. Haar seun se seksuele oriëntasie, haar dogter wat dislekties is, en ‘n man wat hom dronk drink en haar liggaam verniel, al hierdie dinge moes Anne verduur. Boonop voel dit vir haar asof die Here swyg ten spyte van Sy beloftes en sy sien geen hoop vir haar huwelik nie. Die lewe is soms ‘n wrede leerskool, dit sal Anne en Stephan met die jare self uitvind, maar sal hulle betyds God se beskermende Hande sien ten spyte van hul eie pyn en seer? Hierdie eg menslike verhaal laat ’n mens besef dat God se tyd nie ons tyd is nie. God se tyd, en ons tyd, verskil. Waarom? Want God sien die hele plan, en ons – net ‘n gedeelte daarvan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Emmertjie manna

Price range: R39.00 through R139.00

Magriet is ’n plat op die aarde, goedgelowige vrou wat net haar man tevrede wil stel en haar Here wil dien.
Haar man is die teenoorgestelde. Weerbarstig, ongelowig en nie een wat maklik sy gevoelens wys nie. Willem vertel haar gedurig hoe dom en oningelig sy is en dat sy haar op haar plek moet hou. Op Magriet se reis gebeur daar dinge met haar wat sy nie voorsien het nie. Maar God se weë is nie ons weë nie, Hy gebruik mense en situasies om Sy mense terug na Hom te draai. Willem het op die harde manier geleer dat God se Genade soos ’n emmertjie manna is. Manna uit die hemel. Net ’n emmertjie vol is genoeg vir een dag. Hy sê: Ek sal julle weer môre gee…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lolla se verhaal

Price range: R39.00 through R139.00

Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.
Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.
Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Optelgoed is hougoed

Price range: R69.00 through R169.00

Hierdie bundel is my ode aan die inwoners van Bulletrap, my hartsmense, my klipmense.
Bulletrap is ‘n klein bergdorpie wat so knoestig genestel is tussen klipkoppe, 30 km vanaf Springbok in ‘n noordelike rigting. Weggesteek, amper jaloers weg van die gewoel. Dis hier waar ek as skrywer my inspirasie kry, tussen hierdie hartsmense wat ek my eie noem. Mense wat my omarm het met my aankoms hier, en my as hul eie aanvaar het. Die geskiedenis sypel uit hierdie klipkoppe en sy mense en is enige kunstenaar se droom.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page