Hierdie bundel is my ode aan die inwoners van Bulletrap, my hartsmense, my klipmense.
Bulletrap is ‘n klein bergdorpie wat so knoestig genestel is tussen klipkoppe, 30 km vanaf Springbok in ‘n noordelike rigting. Weggesteek, amper jaloers weg van die gewoel.
Dis hier waar ek as skrywer my inspirasie kry, tussen hierdie hartsmense wat ek my eie noem. Mense wat my omarm het met my aankoms hier, en my as hul eie aanvaar het. Die geskiedenis sypel uit hierdie klipkoppe en sy mense en is enige kunstenaar se droom.
Die Tuiskoms
Price range: R99.00 through R159.00Die Tuiskoms is ’n aangrypende verhaal oor familie, geheime en die moed om die waarheid te konfronteer – selfs wanneer dit jou hele wêreld verander. Roeline se skryfstyl is sensitief, eerlik en emosioneel deurleef. Sy skep geloofwaardige karakters en verweef familiegeheime met diep menslike temas soos verlies, identiteit en vergifnis. Haar stories ontvou geleidelik en hou die leser vasgevang totdat die laaste waarheid uiteindelik aan die lig kom.

Reviews
There are no reviews yet.