Magriet is ’n plat op die aarde, goedgelowige vrou wat net haar man tevrede wil stel en haar Here wil dien.
Haar man is die teenoorgestelde. Weerbarstig, ongelowig en nie een wat maklik sy gevoelens wys nie. Willem vertel haar gedurig hoe dom en oningelig sy is en dat sy haar op haar plek moet hou. Op Magriet se reis gebeur daar dinge met haar wat sy nie voorsien het nie. Maar God se weë is nie ons weë nie, Hy gebruik mense en situasies om Sy mense terug na Hom te draai. Willem het op die harde manier geleer dat God se Genade soos ’n emmertjie manna is. Manna uit die hemel. Net ’n emmertjie vol is genoeg vir een dag. Hy sê: Ek sal julle weer môre gee…
Stories wat saak maak
Price range: R59.00 through R159.00Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.

Reviews
There are no reviews yet.