Sina Hattingh

Sina Hattingh is op 4 Desember 1967 in Frankfort in die Vrystaat gebore. Sy is die jongste van sewe kinders en het as laatlam op ’n plaas grootgeword. Haar kinderdae was gevul met avontuur, verbeelding en die pragtige ritmes van plaaslewe. Sy het in 1985 gematrikuleer aan Hoërskool Kroonstad en het vyf jaar later na Johannesburg verhuis.

In 1994 het Sina saam met haar gesin teruggekeer na Frankfort, waar sy haar eie blom- en dekorbesigheid begin het. Sy bestuur tans ook ’n groot begrafnisonderneming. Al van kleins af het sy stories geskryf en ure lank met haar denkbeeldige maaitjie gesels oor die karakters in haar kop.

Sina beskryf haarself as ’n romantikus met ’n tikkie drama. Met haar debuutboek Hoor my stem bring sy ’n boodskap van hoop aan mense wat seer het. Sy glo vas dat niemand ooit hul pad alleen hoef te stap nie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dokter Karli (Groot Druk)

Price range: R129.00 through R329.00

As Onkoloog word dr. Karli baie hoog aangeskryf en leef sy net vir haar werk en pasiënte. Haar lewe verander skielik toe haar pad kruis met die van ‘n baie aantreklike Chirurg. Hy raak dadelik verlief op die beeldskone Karli, maar omstandighede maak dit moeilik vir hulle om bymekaar te wees. Tog, die liefde oorwin altyd en dit is nie lank voor dr. Malan Eybers haar hart wen nie. In die tweede laaste jaar van die dogters se skoolloopbaan, verander hulle lewens drasties toe Karli en die dogters in ‘n motorongeluk betrokke is. Karli, wat ‘n geruime tyd siek voel, word met kanker gediagnoseer en haar hele lewe tuimel inmekaar. Waar sy soveel mense in die verlede gehelp het, moes sy nou self die kankermonster veg. Die lewe deel soms moeilike kaarte uit en Karli leer die stryd tussen lewe en dood ken. Pyn en lyding word deel van haar daaglikse bestaan, maar sy leer ook wonderlike mense ken in hierdie tyd. Die dood wag vir niemand nie en vra nie vrae nie. Soms sterf mense jonk, ander weer baie later, maar bowenal, niks kan ons van God se liefde skei nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dokter Karli

Price range: R99.00 through R239.00

Mosselbaai is mooi

Price range: R99.00 through R259.00

Na ‘n liefdelose huwelik, jare lange stryd teen oorgewig en die dood van haar gewese man, besluit Zinia om “genesing” van al die hartseer van die afgelope jare, in Mosselbaai te gaan soek. Sy verhuis van die bekende om ‘n nuwe lewe te begin. Mosselbaai was nog altyd haar hartsplek en wat dit makliker maak is die feit dat haar jarelange vriendin daar woon. Met haar beradingsagtergrond, besluit Zinia om ‘n Beradingspraktyk te open, maar wil eers vestig en goed uitrus.
Die noodlot gooi egter haar planne omver en Zinia beland in die hospitaal nadat sy deur Wessel Gerber se groot hond omgespring word, en sy haar arm sleg breek. Daar is dadelik vuurwerke tussen die twee en Zinia is geskok toe sy uitvind dat hy eintlik die leraar is van dieselfde gemeente wat sy bywoon.
Sal die geliefde ds. Wessel Zinia se hart weer in die liefde kan laat glo?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoor my stem

Price range: R59.00 through R149.00

Die gevoel van magteloosheid is een van die ergste emosies wat enige mens kan ervaar. Daardie gevoel dat jou hande vasgemaak is of dat jy in ‘n hokkie vasgekeer is en jy kan nie daaruit kom nie. My gebed is dat elkeen wat hierdie boek lees, sal ervaar hoe getrou God in Sy beloftes is. Al voel dit soms onmoontlik, weet net dat jy nie alleen is en as niemand anders jou stem hoor, God hoor elke versugting van jou hart. Hy ken jou pyn, Hy sien jou trane en wat vir ons onmoontlik lyk, is vir Hom moontlik. Ek bid ook dat die wêreld daar buite sal luister en elke kind wat deur die hel van seksuele mishandeling gaan, se stem duidelik gehoor sal word. My bede is dat hierdie boek genesing en herstel sal bring.
Moenie ophou praat, moenie ophou soek na genesing, moenie dat jou stem doodgedruk word nie. God wil ‘n hele JY hê. Laat jou stem gehoor word, sodat daar ‘n platform geskep word vir hierdie stukkende wêreld van seksuele misbruik en mishandeling.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page