Na ‘n liefdelose huwelik, jare lange stryd teen oorgewig en die dood van haar gewese man, besluit Zinia om “genesing” van al die hartseer van die afgelope jare, in Mosselbaai te gaan soek. Sy verhuis van die bekende om ‘n nuwe lewe te begin. Mosselbaai was nog altyd haar hartsplek en wat dit makliker maak is die feit dat haar jarelange vriendin daar woon. Met haar beradingsagtergrond, besluit Zinia om ‘n Beradingspraktyk te open, maar wil eers vestig en goed uitrus.
Die noodlot gooi egter haar planne omver en Zinia beland in die hospitaal nadat sy deur Wessel Gerber se groot hond omgespring word, en sy haar arm sleg breek. Daar is dadelik vuurwerke tussen die twee en Zinia is geskok toe sy uitvind dat hy eintlik die leraar is van dieselfde gemeente wat sy bywoon.
Sal die geliefde ds. Wessel Zinia se hart weer in die liefde kan laat glo?
Dokter Karli (Groot Druk)
Price range: R129.00 through R329.00As Onkoloog word dr. Karli baie hoog aangeskryf en leef sy net vir haar werk en pasiënte. Haar lewe verander skielik toe haar pad kruis met die van ‘n baie aantreklike Chirurg. Hy raak dadelik verlief op die beeldskone Karli, maar omstandighede maak dit moeilik vir hulle om bymekaar te wees. Tog, die liefde oorwin altyd en dit is nie lank voor dr. Malan Eybers haar hart wen nie. In die tweede laaste jaar van die dogters se skoolloopbaan, verander hulle lewens drasties toe Karli en die dogters in ‘n motorongeluk betrokke is. Karli, wat ‘n geruime tyd siek voel, word met kanker gediagnoseer en haar hele lewe tuimel inmekaar. Waar sy soveel mense in die verlede gehelp het, moes sy nou self die kankermonster veg. Die lewe deel soms moeilike kaarte uit en Karli leer die stryd tussen lewe en dood ken. Pyn en lyding word deel van haar daaglikse bestaan, maar sy leer ook wonderlike mense ken in hierdie tyd. Die dood wag vir niemand nie en vra nie vrae nie. Soms sterf mense jonk, ander weer baie later, maar bowenal, niks kan ons van God se liefde skei nie.

Reviews
There are no reviews yet.