Die gevoel van magteloosheid is een van die ergste emosies wat enige mens kan ervaar. Daardie gevoel dat jou hande vasgemaak is of dat jy in ‘n hokkie vasgekeer is en jy kan nie daaruit kom nie. My gebed is dat elkeen wat hierdie boek lees, sal ervaar hoe getrou God in Sy beloftes is. Al voel dit soms onmoontlik, weet net dat jy nie alleen is en as niemand anders jou stem hoor, God hoor elke versugting van jou hart. Hy ken jou pyn, Hy sien jou trane en wat vir ons onmoontlik lyk, is vir Hom moontlik. Ek bid ook dat die wêreld daar buite sal luister en elke kind wat deur die hel van seksuele mishandeling gaan, se stem duidelik gehoor sal word. My bede is dat hierdie boek genesing en herstel sal bring.
Moenie ophou praat, moenie ophou soek na genesing, moenie dat jou stem doodgedruk word nie. God wil ‘n hele JY hê. Laat jou stem gehoor word, sodat daar ‘n platform geskep word vir hierdie stukkende wêreld van seksuele misbruik en mishandeling.
Dokter Karli (Groot Druk)
Price range: R129.00 through R329.00As Onkoloog word dr. Karli baie hoog aangeskryf en leef sy net vir haar werk en pasiënte. Haar lewe verander skielik toe haar pad kruis met die van ‘n baie aantreklike Chirurg. Hy raak dadelik verlief op die beeldskone Karli, maar omstandighede maak dit moeilik vir hulle om bymekaar te wees. Tog, die liefde oorwin altyd en dit is nie lank voor dr. Malan Eybers haar hart wen nie. In die tweede laaste jaar van die dogters se skoolloopbaan, verander hulle lewens drasties toe Karli en die dogters in ‘n motorongeluk betrokke is. Karli, wat ‘n geruime tyd siek voel, word met kanker gediagnoseer en haar hele lewe tuimel inmekaar. Waar sy soveel mense in die verlede gehelp het, moes sy nou self die kankermonster veg. Die lewe deel soms moeilike kaarte uit en Karli leer die stryd tussen lewe en dood ken. Pyn en lyding word deel van haar daaglikse bestaan, maar sy leer ook wonderlike mense ken in hierdie tyd. Die dood wag vir niemand nie en vra nie vrae nie. Soms sterf mense jonk, ander weer baie later, maar bowenal, niks kan ons van God se liefde skei nie.

Reviews
There are no reviews yet.