Tharina Schnetler

Tharina Schnetler het as enigste kind op ’n plaas grootgeword, waar sy vroeg al ontdek het dat papier haar toevlug en vertroueling is. Sy het van kleins af dagboeke vol geskryf en haar diepste vreugdes en vrede daarin gedeel. In die hoërskool het sy haarself skielik tussen honderde ander kinders bevind ná haar laerskooldae in ’n eenmanskooltjie – ʼn groot oorgang wat haar gevorm het. Ná ’n moeilike aanpassingstyd het sy ’n hegte groep sielsgenote ontmoet wat haar vandag nog dra en inspireer.

Tharina se stories word gevoed deur herinneringe en lewenservaring. Sy haal haar inspirasie uit ware gebeure, emosionele landskappe en die mense om haar. Haar skryfwerk bevat gereeld elemente van haar eie lewe – subtiel verweef en getransformeer tot storie. Sy fokus op fiksie, jeug- en kinderverhale, asook verhale vir volwassenes met gevoel en diepte. Ware emosie, herinnering en menslikheid staan sentraal in alles wat sy skep.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bashoek Boek 12

Price range: R69.00 through R179.00

Hoe lekker is dit nie om ’n skoolhoof te hê met empatie en goeie sin vir humor nie. Janet oorreed hom om hulle toe te laat om ’n sokkie-sonder-skoene te hou en hy knip gaatjies in sy sokkies sodat al sy tone uitsteek. Later skeer hy ook soos ’n klompie leerders al sy hare af toe een van die leerders deur kanker-behandeling gaan en vang saam met die seuns hoenders in die hoofstraat. Meneer Plankies en juffrou Alta kom uiteindelik tot trou en daar word ’n makietie-sokkie vir hulle by die skool gehou. Janet se filistyn word gekies as Rugbykaptein van die Provinsiale skolespan en al die maats maak groot besluite oor hul toekoms.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bashoek Boek 11

Price range: R69.00 through R169.00

Love is in the air! Die maats het op strepe verlief geraak en moet hard werk om seker te maak dit beïnvloed nie hul akademie nie. Twee van die meisies gaan as uitruilstudente Duitsland toe en Janet en Roelien moet hul kêrels afstaan aan die Sport-Akademie.
Oggendnaarheid laat iemand in die hospitaal beland en daar is naelbyt oomblikke toe die gemeenskap moet saamstaan om bloed te skenk. Die gebeure rondom dit konfronteer sommige leerders met introspeksie oor hul ontwakende seksualiteit en tienerhormone.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bashoek Boek 10

Price range: R69.00 through R169.00

Jasper en Janet Ras, Karel Jantjies en Roelien Karp pak die hoërskool met energie en groot avontuurlus aan. Karel beland in ’n rehabilitasie-sentrum toe ’n gebarste blindederm hom tydelik verlam, terwyl Janet haar lojaliteit teenoor haar skool se eerste rugbyspan wys deur ’n filistyn van die buurdorp se wind – en hart – uit te duik. Janet se poetsbakkery besorg Roelien ’n kêrel terwyl Jasper die aandag van verskeie meisies geniet. ’n Garage-party begin ’n nuwe craze onder die tieners en toe Bashoek Hoër ’n Wintersdans hou, kry die leerders kans om balrokke en pikkewynpakke te dra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In ‘n oogwink

Price range: R39.00 through R139.00

Engela Boshoff struikel-val in Louis Eloff se arms toe sy haar skoenveter vastrap. In ’n oogwink raak sy onherroeplik en onbeheersd verlief op die man met die kuiltjie in sy wang. Liefde met die eerste oogopslag, noem hy dit. Voordat hy haar naam ken of weet wie sy is, soen hy haar en kan sedertdien nie meer sy hande of lippe van haar lyf af hou nie. As sy tog net van die chroniese lighoofdigheid en oorontsteking kan ontslae raak …
Ses maande later, tydens hul wittebrood, kry hulle die uitslag van Engela se duiseligheid.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page