Jasper en Janet Ras, Karel Jantjies en Roelien Karp pak die hoërskool met energie en groot avontuurlus aan. Karel beland in ’n rehabilitasie-sentrum toe ’n gebarste blindederm hom tydelik verlam, terwyl Janet haar lojaliteit teenoor haar skool se eerste rugbyspan wys deur ’n filistyn van die buurdorp se wind – en hart – uit te duik. Janet se poetsbakkery besorg Roelien ’n kêrel terwyl Jasper die aandag van verskeie meisies geniet. ’n Garage-party begin ’n nuwe craze onder die tieners en toe Bashoek Hoër ’n Wintersdans hou, kry die leerders kans om balrokke en pikkewynpakke te dra.
Bashoek Boek 11
Price range: R69.00 through R169.00Love is in the air! Die maats het op strepe verlief geraak en moet hard werk om seker te maak dit beïnvloed nie hul akademie nie. Twee van die meisies gaan as uitruilstudente Duitsland toe en Janet en Roelien moet hul kêrels afstaan aan die Sport-Akademie.
Oggendnaarheid laat iemand in die hospitaal beland en daar is naelbyt oomblikke toe die gemeenskap moet saamstaan om bloed te skenk. Die gebeure rondom dit konfronteer sommige leerders met introspeksie oor hul ontwakende seksualiteit en tienerhormone.

Reviews
There are no reviews yet.