Hoe lekker is dit nie om ’n skoolhoof te hê met empatie en goeie sin vir humor nie. Janet oorreed hom om hulle toe te laat om ’n sokkie-sonder-skoene te hou en hy knip gaatjies in sy sokkies sodat al sy tone uitsteek. Later skeer hy ook soos ’n klompie leerders al sy hare af toe een van die leerders deur kanker-behandeling gaan en vang saam met die seuns hoenders in die hoofstraat. Meneer Plankies en juffrou Alta kom uiteindelik tot trou en daar word ’n makietie-sokkie vir hulle by die skool gehou. Janet se filistyn word gekies as Rugbykaptein van die Provinsiale skolespan en al die maats maak groot besluite oor hul toekoms.
Bashoek Boek 10
Price range: R69.00 through R169.00Jasper en Janet Ras, Karel Jantjies en Roelien Karp pak die hoërskool met energie en groot avontuurlus aan. Karel beland in ’n rehabilitasie-sentrum toe ’n gebarste blindederm hom tydelik verlam, terwyl Janet haar lojaliteit teenoor haar skool se eerste rugbyspan wys deur ’n filistyn van die buurdorp se wind – en hart – uit te duik. Janet se poetsbakkery besorg Roelien ’n kêrel terwyl Jasper die aandag van verskeie meisies geniet. ’n Garage-party begin ’n nuwe craze onder die tieners en toe Bashoek Hoër ’n Wintersdans hou, kry die leerders kans om balrokke en pikkewynpakke te dra.

Reviews
There are no reviews yet.