Tina Jooné

Tina Jooné het in die klein dorpie Boshof in die Vrystaat grootgeword, waar haar vroeë jare haar liefde vir storievertelling gevorm het. As ’n natuurlik teruggetrokke kind het sy baie tyd in haar eie verbeeldingswêreld deurgebring en ’n liefde vir lees en skryf van jongs af ontwikkel. Tina skryf hoofsaaklik in opvoedkundige, feitelike en lewenservaringsgenre, met inspirasie wat sy uit werklike uitdagings en persoonlike groei put.

Sy leef met gehoorgestremdheid en deel haar pad van aanvaarding en deursettingsvermoë deur haar werk. Tina waardeer dit om kontak te maak met lesers wat soortgelyke liggaamlike uitdagings ervaar en wil almal inspireer om hul unieke talente te wys en nie agter enige gestremdheid te skuil nie. Buiten skryf hou sy daarvan om stories met drama, humor en lewenslesse te lees, en Francien Rivers is een van haar gunsteling skrywers. Tina werk tans aan haar outobiografie, waarin sy haar ervarings as dowe persoon en die lewenslesse wat sy geleer het, deel.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kom Speel Saam Ouma

Price range: R59.00 through R119.00

KOM SPEEL SAAM OUMA! is ’n kinderboekie saamgevat met al die pret en lekker speletjies wat ek as ouma saam met my vier kleinkinders kan geniet.
Om ’n ouma te wees, is ’n groot VOORREG en ’n HEERLIKE ervaring. Aan die Here spreek ek my dank uit vir goeie gesondheid om hierdie kosbare speeltyd en hul kinderlike opgewondenheid met hulle te deel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dirkie die dowe seuntjie

Price range: R59.00 through R119.00

Met hierdie boekie wil Tina Jooné graag vir elke kind met ‘n gestremdheid ‘n waardevolle les of twee gee. Hulle te motiveer om nooit moed op te gee nie, maar om te steun op familie en vriende. Daar is so baie manière om die lewe vir jouself makliker te maak. Leef elke dag voluit, moenie wegkruip nie en hou aan droom. As jy kan droom…kan jy enige iets doen!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die stil pad

Price range: R99.00 through R229.00

Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. Kom stap vandag saam met my na ‘n kykie in die lewe, die lesse, die ondervindinge van ‘n dowe mens.
Die skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. ‘n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente…ons vreugde…ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: “waar die een deur toe gaan, gaan ‘n ander deur oop.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page