Trientjie Malan

Trientjie Malan woon op ’n plaas met die naam Klipkop net buite Vanderbijlpark, waar sy haar inspirasie en krag put uit haar omgewing en ervarings. Sy het in Vanderbijlpark grootgeword en later met haar familie na die plaas op die Fochville-pad verhuis, waar haar ma en familie haar aanmoedig het om te skryf.

Trientjie het in 1990 haar eerste gedig, ‘n Klein bietjie liefde, geskryf en skryf hoofsaaklik digkuns wat emosioneel en persoonlik van aard is. Haar digbundel Malankolie fokus op die verwerking van mishandeling, ’n tema wat sy met groot openhartigheid en diepte benader. Sy poog om met haar werk hoop en genesing aan lesers oor te dra. Buiten skryf lees sy graag avontuur- en speurverhale en hou sy van hekelwerk. Trientjie werk tans aan verskeie nuwe digbundels en motiveer lesers om die boodskap van haar poësie verder te dra.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

TEEN beterwete in HOOP

Price range: R39.00 through R139.00

TEEN BETERWETE IN HOOP is die opvolg DIE LIEFDE IS BLIND. Erika is verloof aan George, maar sy worstel met gevoelens van vrees en wanhoop oor die toekoms, want George is besitlik en manipulerend, wat haar ongemaklik laat voel. Sy ontmoet Pierry en wanneer Pierry met sy motorfiets die dag voor haar troue by hulle huis opdaag en haar vra om met hom te trou, sê sy dadelik ja. Haar ouers word egter nie so maklik oortuig nie. Na ’n argument tussen haar pa en Pierry, vlug Erika saam met hom agterop sy motorfiets weg.
Afgesien van vele struikelblokke op hulle pad na geluk, bly Erika se geloof standvastig. Wat hou die toekoms vir die twee jongmense in?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dié Stil Vrou 2

R219.00

Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dié Stil Vrou

R249.00

Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die liefde is blind

Price range: R39.00 through R139.00

Jacoba en haar drie seuns het glad nie ‘n maklike lewe gehad op die plaas Grasfontein net buitekant Lichtenburg saam met haar man Raoul de Vos nie. Tot op ‘n dag toe haar eie lewe in gevaar gekom het, het die drie seuns saam met hul ma gevlug. Hulle het by ‘n dorpie met die naam Senekal beland. In Senekal het hulle lewens verander, veral toe Jacoba vir Dominee Dewald van Staden ontmoet het. Dewald het vir Jacoba geleer van God se liefde.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Digbriewe

R169.00

Tydens die Corona Virus (Covid 19) sit dit jou aan die dink. Dit is waar ‘n mens besef hoe kosbaar is die mense in jou lewe en watter betekenis hulle vir jou gee. Soms het ek myself afgevra… as my oupa en ouma of selfs my pa nog geleef het, hoe sou hulle hierdie Corona Virus (Covid 19) hanteer het? Daarom is hierdie digbundel baie spesiaal vir my soos die mense wat deel is (was) in my lewe, aan wie ek die gedigte (digbriewe) opgedra het waar ek alreeds van hulle in my vorige digbundel(s): Malankolie, Introspeksie en Pelgrimsreis opgedra het wat ek ook in hierdie digbundel ingebring het. Dit is asof jy deur ‘n fotoalbum van woorde sonder foto’s van my eie mense deurblaai.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mientjie se nare droom

Price range: R59.00 through R139.00

Iewers in ’n bos, bly ’n houtkapper en sy pragtig vrou. Die pragtige vrou het net een gewens gehad en dit was dat sy ’n kindjie van haar eie kon hê. Dit moes ’n pragtige dogtertjie wees. Haar haartjies moes so wit soos die wolke wees en haar ogies so blou soos die hemel. ’n Paar jaar later word haar wens waar en kry sy sommer ’n tweeling, ’n dogtertjie en ’n seuntjie. Mientjie en Eddie.
Die tyd stap aan en Mientjie en Eddie word by die dag groter. Op ’n dag sê die houtkapper dit is tyd dat hulle die hout vir die kaggelvuur gaan bymekaarmaak en as hy praat, luister almal want hy is baie kwaai. Nooit het Mientjie gedink dat haar en Eddie se lewe van daardie dag af so baie gaan verander nie.Wie is die nare swart wolf wat Mientjie in haar kamer gesien het, of het sy maar net gedroom?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jesus gee om

R109.00

Elkeen van ons het een of ander tyd in ons lewe bemoediging nodig. Trientjie Malan se digbundel Jesus gee om, is bedoel vir daardie dae wanneer die lewe te veel druk op jou plaas. Dit is ‘n handsak-grootte bundeltjie wat jy byderhand kan hou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Malankolie

R169.00

Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page