Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.

Reviews
There are no reviews yet.