Willem Agenbag

Willem Agenbag is gebore op sy ouers se plaas Kameelboom in die hartjie van sy geliefde Namakwaland. Hy het op sy tuisdorp Kamieskroon skoolgegaan en was ook daar in die skoolkoshuis. Na buitemuurse studies het hy hom aangesluit by die Kaapse Departement van Hospitaaldienste. Na vele bevorderings het hy uiteindelik met die rang van Adjunk-Direkteur op ouderdom 54 met vervroegde aftrede gegaan. Daarna het hy ‘n tehuis vir bejaardes op sy huidige tuisdorp Durbanville, vir 16 jaar bestuur tot sy finale aftrede in 2012.

Tydens sy aftree jare het hy, onder andere, twee boeke oor sy geliefde Namakwaland die lig laat sien. Hy het egter nooit opgehou skryf nie en hou homself byna voltyds daarmee besig. Dit is ook sy passie om minstens een keer per jaar te gaan kuier in sy geliefde

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verhale wat reik na die Ewigheid

Price range: R89.00 through R279.00

Verhale wat reik na die Ewigheid is ‘n inspirerende bundel van geestelike liedere, getuienisse en die lewens van geloofshelde soos Martin Luther, Corrie ten Boom en Billy Graham — ‘n hartlike uitnodiging om weer te glo en jou hart te rig op dit wat werklik saak maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuimelskaal

Price range: R79.00 through R189.00

Die aantreklike jong dokter Karin Maree se lewe verander oornag in ‘n nagmerrie toe sy onskuldig betrek word by ‘n groot dwelmkartel wat sy yster tentakels ingeslaan het in London en Kaapstad, en ook die hele Afrika asook lande in Europa.
So tussendeur helikoptergevegte in die lug en brutale gevegte op land, het Kupido gesorg vir die wonderlike aroma van liefdesontwakings…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die seewind fluister ons liefde

Price range: R89.00 through R239.00

In hierdie bundel bring Willem twee hartroerende romanse bymekaar.
Die Seewind Fluister ons Liefde vertel van Karel Botha, ’n briljante ingenieur, wie se wêreld wankel wanneer sy vrou, Ann, ernstig siek word. Hulle reis na Salzburg vir hulp, saam met haar charismatiese dokter, Liesl Malan, en ontdek dat ware liefde altyd oorwin.
Ek Roep na jou oor die See volg Mari Viljoen, wie se man tragies sterf. Sy aanvaar ’n pos in Switserland en vorm ’n diep band met Madame Bouvier en haar seun Gunther. Tog roep haar wortels terug, want liefde volg sy eie paaie en skep onvergeetlike verbintenisse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Namakwaland, My Hartland Boek 1

Price range: R89.00 through R219.00

Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page