In hierdie bundel bring Willem twee hartroerende romanse bymekaar.
Die Seewind Fluister ons Liefde vertel van Karel Botha, ’n briljante ingenieur, wie se wêreld wankel wanneer sy vrou, Ann, ernstig siek word. Hulle reis na Salzburg vir hulp, saam met haar charismatiese dokter, Liesl Malan, en ontdek dat ware liefde altyd oorwin.
Ek Roep na jou oor die See volg Mari Viljoen, wie se man tragies sterf. Sy aanvaar ’n pos in Switserland en vorm ’n diep band met Madame Bouvier en haar seun Gunther. Tog roep haar wortels terug, want liefde volg sy eie paaie en skep onvergeetlike verbintenisse.
Tuimelskaal
Price range: R79.00 through R189.00Die aantreklike jong dokter Karin Maree se lewe verander oornag in ‘n nagmerrie toe sy onskuldig betrek word by ‘n groot dwelmkartel wat sy yster tentakels ingeslaan het in London en Kaapstad, en ook die hele Afrika asook lande in Europa.
So tussendeur helikoptergevegte in die lug en brutale gevegte op land, het Kupido gesorg vir die wonderlike aroma van liefdesontwakings…

Reviews
There are no reviews yet.