Price range: R99.00 through R179.00

Sing vir my ‘n droom

Amanda Visser is tevrede met haar stil lewe van studies en haar geheime skrywersdroom. Liefde is nie op haar agenda nie – tot sy Ben Calitz, die talentvolle jong sanger, een aand in ’n klub sien. Wat begin as ’n toevallige ontmoeting, word vinnig ’n intense verbintenis wat albei se wêrelde op sy kop draai.

Tussen studiesdruk, ’n kritiese ma, en die uitdagings van ’n lewe in die kollig, moet Amanda en Ben besluit: kan hulle liefde die storms van die lewe trotseer, of bly dit net ’n mooi droom?

PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-99748-310-6 124 2026-06-23 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

Amanda Visser is gelukkig met haar rustige lewe: studies, haar geheime droom om eendag ‘n skrywer te word, en haar klein kringetjie vriende. Liefde is die laaste ding waarvoor sy tyd het.

Toe haar beste vriendin haar oorreed om een aand na ‘n klub te gaan luister na ‘n gewilde nuwe orkes, verander alles. Op die verhoog staan Ben Calitz – ‘n jong sanger met ‘n stem wat haar teroer en oë wat blykbaar net vir haar sien. Wat begin as ‘n toevallige ontmoeting, groei vinnig tot iets wat albei se lewens onherroeplik verander.

Maar liefde kom nie sonder uitdagings nie. Amanda worstel met haar studies, haar kritiese ma se verwagtings en die onsekerheid van ‘n verhouding met iemand wat in die kollig leef. Ben dra op sy beurt sy eie verlede en drome saam.

Kan twee mense wat voel hulle harte het mekaar herken, die storms van die lewe trotseer? Of sal hul droom van liefde net dit bly – ‘n droom?

Sing vir my ‘n droom is ‘n hartroerende liefdesverhaal oor hoop, musiek, familie, tweede kanse en die moed om jou hart te volg.

Book Type

,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sing vir my ‘n droom”