Margaret Barnard

Margaret Barnard, beter bekend as Magie, woon in Otjiwarongo, Namibië. Sy skryf met ’n passie wat al van laerskool af in haar leef — veral gedigte. Hoewel sy aanvanklik gesê het sy wil nie liefdesverhale skryf nie, het sy onlangs begin eksperimenteer met spanningsverhale en kinderboeke, en werk tans aan ’n liefdesverhaal getiteld Harte van Hout.

Magie het grootgeword in Swakopmund, ’n plek wat ’n groot invloed op haar skryfstyl en inspirasie het. Die see, die kaai, die sonsondergange en haar herinneringe van Brandberg Wes Myn en Uis by haar ouers het ’n diep indruk op haar gedigte en verhale gemaak.

Haar nuutste werk is ’n digbundel met ’n versameling van haar beste gedigte tot dusver. Sy publiseer eksklusief by Malherbe Uitgewers, en erken die rol wat hierdie uitgewers in haar skryfloopbaan speel.

Magie beskou haar lesers as ’n soort familie, omdat skryf ’n intieme uitdrukking van wie sy is. Buiten skryf is sy ’n toegewyde graad een juffrou, lees sy graag, geniet kuns en spandeer waardevolle tyd saam met haar gesin en vyf katte.

Haar skryfproses begin met ’n raamwerk en deeglike navorsing, waarna sy die storie “inkleur” met haar kreatiewe verbeelding. Sy put inspirasie uit mense se lewensverhale en haar eie drome. Vir plesier lees sy graag spanningsverhale, met Irma Joubert as een van haar gunsteling skrywers.

Indien sy met haar lesers kon praat, sou sy hulle graag bedank vir hul ondersteuning en die pad saam met haar loop.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Somer in die Karoo

Price range: R79.00 through R179.00

Wanneer die vyftienjarige Lila na die Karoo gestuur word om by haar ouma te bly, voel dit vir haar soos ballingskap. Sy is gewoond aan die stad se neonligte, harde musiek en konstante beweging – nie aan stilte en oop vlaktes nie. Maar die Karoo hou geheime vas: ou stories, verborge grotte en ’n joernaal wat van generasies se kennis getuig. Met elke dag leer Lila dat stilte nie net leeg is nie – dit is ’n spieël. Haar ouma, ’n kruiedokter met ’n sagte wysheid, help haar om te ontdek dat die aarde se stem meer sê as die stad se geraas. Tog bring die stilte ook vrae waarvoor Lila nog nie gereed is nie. Somer in die Karoo is ’n verhaal van familie, erfenis en genesing – waar ’n jong meisie moet kies of sy haar hart oopmaak vir dit wat die verlede fluister, en of sy in haar eie donker skadu’s bly vassteek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Roan se Avonture en Ander Stories

Price range: R69.00 through R159.00

Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n avontuurreis saam met Roan. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n fantasie wêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Roan se avonture en ander stories is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die doel van stories te laat ontdek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Afrika Ritme

Price range: R79.00 through R189.00

Joseph, ʼn jong man uit ʼn welgestelde familie in Engeland, word gedwing om sy gemaklike lewe te verlaat wanneer sy mynmagnaat pa besluit om hom op ʼn gevaarlike seereis na Suidwes te stuur. William hoop dat die ontberings van die reis Joseph se roekelose natuur sal tem. Joseph ontdek gou dat die see sy eie geheime en gevare inhou. Terwyl hy sy pad worstel deur storms en bedreigings, word Joseph gedwing om sy eie innerlike stryd aan te pak. Sal die reis hom breek, of sal dit hom lei na ʼn dieper begrip van homself en sy plek in die wêreld?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Storietyd met Tannie Margaret

Price range: R69.00 through R169.00

Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n verbeeldings reis met hierdie stories. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n droomwêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Storietyd met Margaret Barnard is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die deel van stories te laat ontdek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Koningin van die see

Price range: R79.00 through R209.00

Hier is die storie van Piet, vyftien jaar oud, toe hy man alleen na die Wit Vrou, Boesmantekeninge, gaan kyk het. Dit het ʼn onuitwisbare indruk op hom gemaak. Hy het aan homself ʼn belofte gemaak dat hy hierdie vrou se storie gaan vertel, soos wat hy dit as jongman aan homself romantiseer het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Harte van hout (Groot Druk)

Price range: R89.00 through R209.00

Skilpadkop het baie interessante karakters- Bibi, Mia se beste vriendin, wat saam met haar skool gee. Bibi is ʼn vurige rooikop wat streef daarna om ʼn huwelik te kan hê soos Mia en Louw.Tannie Poppie en Oom Jors is Mia en Louw se bure en voel meer soos familie as vriende. ʼn Baie hegte en spesiale band het oor die jare tussen hulle gevorm.
Tannie Betsie maak seker dat daar geen rus en vrede op Skilpadkop is nie. Waar sy onmin kan saai, saai sy onmin.Dan kom die noodlot en wys hoe wreed en genadeloos dit kan wees…
Soms verander mense se harte in hout om seerkry te kan oorleef. Kan twee hout harte mekaar weer warm en kloppend skuur?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Harte van hout

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Troosdans

R139.00

Vir my is ʼn gedig ʼn kunswerk met ’n potlood of ’n pen, waarmee jy die uitspansel, die reënboog, ’n emosie of onthou op papier vaslê. Ek het die volgende iewers raak gelees: ʼn Digter is iemand wat hartstogtelik verlief is op die taal. Dit is so waar…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Viazma

Price range: R79.00 through R209.00

Dreigend staan die swart silhoeët in die verte met mis wat spookagtig uit die aarde trek. Viazma, ‘n ou asylum, met al sy geheimenisse en wreedhede weggesteek in ‘n diep donker woud. Die tweeverdiepinggebou het honderde vensters wat dreigend na die woud staar. Rondom die gebou is geen gras of blomme nie, net strak swart grond en hier en daar ’n boom wat eensaam en uitgedroog staan. Niemand mag weet van haar geheime nie. Wat alles binne haar bose hart aangaan nie. As jy eers oor haar drumpel getree het en haar giftige asem in jou nek gevoel het, is daar geen uitkoms vir jou nie. Soos legendes lui: As jy een oggend in Viazma opstaan en die bed langs joune is leeg – beteken dit nie die persoon is ontslaan nie…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Grassade

Price range: R69.00 through R169.00

Kom saam met Lara op haar Sabbatsreis vol herinneringe van haar kinderdae. Moeilike tye wat sy nooit gedink het sy gaan oorleef nie. Soos die aande wat sy en haar sussies moes vlug en in mense se tuine wegkruip om weg te kom van hulle pa se geweld wanneer hy gedrink is. Hierdie is tye wat sy met alles in haar vermoë eerder uit haar gedagtes sou wis. Gaan Lara ook na verkeerde uitweë soek in die lewe, of gaan sy iewers haar lag terugkry?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page