EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaaptjops vir Sonja (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R229.00

Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hê, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaaptjops vir Sonja

Price range: R89.00 through R169.00

Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede
gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hê, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel? Met humor, warmte en eerlike emosie skets Skaaptjops vir Sonja ʼn herkenbare storie oor liefde ná verlies, en die wonder van nuwe beginne op die mees onverwagte plekke.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stemme uit ʼn Vervloë Verlede

Price range: R109.00 through R309.00

Elsa de Waal dra al jare lank aan ’n geheim – die storie van haar man, Henk, die arm bywonerseun uit Suidwes wat deur swaarkry, vernedering en oorlog moes veg om sy plek in die lewe te vind. Sy liefde vir Elsa was sy redding, maar ook sy ondergang. Nou, aan die einde van haar lewe, weet Elsa sy kan nie sterf sonder om die waarheid oor Henk te vertel nie – oor hoe verkeerde keuses sy lewe gekos het. Wanneer die jong skrywer Jasper Muller uiteindelik instem om haar dagboeke te lees, word hy onherroeplik ingetrek in Henk en Elsa se lewens – twee mense vasgevang tussen liefde en plig, skuld en vergifnis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Somer in die Karoo

Price range: R79.00 through R179.00

Wanneer die vyftienjarige Lila na die Karoo gestuur word om by haar ouma te bly, voel dit vir haar soos ballingskap. Sy is gewoond aan die stad se neonligte, harde musiek en konstante beweging – nie aan stilte en oop vlaktes nie. Maar die Karoo hou geheime vas: ou stories, verborge grotte en ’n joernaal wat van generasies se kennis getuig. Met elke dag leer Lila dat stilte nie net leeg is nie – dit is ’n spieël. Haar ouma, ’n kruiedokter met ’n sagte wysheid, help haar om te ontdek dat die aarde se stem meer sê as die stad se geraas. Tog bring die stilte ook vrae waarvoor Lila nog nie gereed is nie. Somer in die Karoo is ’n verhaal van familie, erfenis en genesing – waar ’n jong meisie moet kies of sy haar hart oopmaak vir dit wat die verlede fluister, en of sy in haar eie donker skadu’s bly vassteek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Soet van Vergifnis

Price range: R99.00 through R299.00

Wanneer Karen Erasmus haar vierde jaar aan die universiteit betree, het sy geen idee dat haar lewe binnekort op sy kop gedraai gaan word nie. ’n Jong dosent, Ludolf Durant, herinner haar aan haar verlede — en aan pyn wat sy diep probeer begrawe het. Maar dit is Jasper Roux, met sy onweerstaanbare glimlag en gevaarlike sjarme, wat homself in haar lewe in forseer en sy voel of sy op wolke loop. Hy gooi haar hele lewe omver en dit is dan wanneer sy moet kies tussen lojaliteit, liefde en leuens Wanneer die onbereikbare Ludolf ingryp, bots waarheid en hartstog.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In die naam van liefde

Price range: R89.00 through R199.00

TToe Marlie en Anton mekaar ontmoet, lyk dit soos ’n sprokie wat waar geword het — twee siele wat in mekaar se liefde rus vind. Maar agter sy sagte woorde en oënskynlike toewyding skuil iets donker, iets wat stadig aan hul huwelik begin vreet. Sy laatnagte by die werk, sy wispelturige buie, en die reuk van alkohol wat sy probeer ignoreer, word die vonke van ’n hel wat stadig ontvlam.  Terwyl Marlie veg om haar man se liefde te red, moet sy die verskriklike waarheid in die oë kyk: liefde kan nie altyd red nie — soms vernietig dit.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Spore van Hoop

Price range: R99.00 through R239.00

Lindsey is net ’n klein dogtertjie, maar sy dra swaar laste wat geen kind ooit behoort te ken nie. In ’n woonstel vol
lawaai, drank en verwaarlosing, hou sy vas aan haar teddiebeer en haar drome van ’n beter wêreld. Sy leer gou dat
“drake” nie net in sprokies bestaan nie, maar in die vorm van mense haar kamer binnekom en haar onskuld steel. Haar ma,
vasgevang in haar eie pyn en verkeerde keuses, besef nie hoe diep die wonde is wat sy op haar kind se hart laat nie.
Maar toe Hanlie, ’n toegewyde maatskaplike werker, Lindsey raakloop, begin ’n ander pad oopgaan – een van hoop,
genesing en die moontlikheid van ’n nuwe begin. Sal liefde en beskerming uiteindelik die donkerte oorwin? Spore van
Hoop is ’n aangrypende verhaal van verwaarlosing en oorlewing, maar ook van die onverwoesbare krag van hoop en die
mense wat kies om om te gee.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Emmersvol

Price range: R89.00 through R159.00

Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Gesiggie om te onthou

Price range: R59.00 through R129.00

Jennifer Hackins is jonk, sorgvry en lewendig – altyd die een wat die partytjie aan die gang hou. Maar haar liefde vir
die bottel en haar dwars natuur bring meer as een nag van skandes. Wanneer sy skielik siek en uitgeput voel, lei dit
tot ’n ontdekking wat haar wêreld omkeer: sy is swanger. Haar droom om by die polisie aan te sluit, vervaag, en sy moet
nou die werklikheid van volwassenheid en verantwoordelikheid in die oë kyk. Saam met Lorenzo, haar getroue maar
mismoedige lewensmaat, begin sy die pad stap na ouerskap – ’n pad vol hoop, vrese, skuldgevoelens en moeilike keuses.
Maar die lewe bied nie altyd sprokies nie…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

The Golden Bracelet

Price range: R129.00 through R299.00

In the wake of Oupa Paul’s passing, Junior inherits more than a silver bracelet – he inherits a legacy of danger,
courage, and secrets buried deep beneath the African soil. Haunted by whispered legends of Kruger’s lost gold and
guided by maps inked in blood and memory, Junior is thrust into a perilous quest that spans wild coastlines, hidden
caves, and treacherous rivers. But the past never stays buried. Bruno, ruthless and vengeful, has escaped prison, armed
and merciless, ready to reclaim what he believes is his. With his father Paul at his side and a new love awakening in
Kayla, Junior must navigate betrayal, survival, and the raw beauty of Africa itself. As the silver bracelet pulses with
forgotten power, another treasure waits – the golden bracelet – holding truths that could shatter or save generations.
Legends awaken. The hunt begins. And some stories refuse to end.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Where Peppertrees Whisper

Price range: R79.00 through R279.00

Amid the scorched earth of the Anglo-Boer War, Christie’s world is torn apart when British soldiers storm her family farm. Her courage is tested as she stands between destruction and survival, begging for mercy in a moment that alters everything. Among the chaos, she meets Cormac O’Donovan, an Irish soldier whose defiance of brutal orders plants the fragile seed of an impossible bond…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reik na die Sterre

Price range: R89.00 through R209.00

Rudi is nie soos ander tieners nie. Met sy misvormde voete en krom ruggraat word hy daagliks herinner aan sy
beperkinge. Waar sy broer Lofty die gewilde sportheld is, leef Rudi in die skaduwees – maar met ’n droom wat groter is
as die horison self: om eendag agter die stuur van ’n straler te sit.Teen alle verwagtinge trotseer hy spot, verwerping
en selfs sy eie ouers se ongeloof. Met ’n vasberadenheid wat geen grense ken nie, grawe hy homself in boeke, leef hy sy
passie uit in sy kamer en hou vas aan ’n toekoms wat ander onmoontlik ag.Maar drome vra opofferings, en die pad na die
sterre is geplavei met pyn, struikelblokke en moeilike keuses. Sal Rudi se wilskrag sterk genoeg wees om die wêreld
verkeerd te bewys – of sal die werklikheid sy vlerke sny voordat hy kan vlieg?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wie ‘n skat Vind (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R329.00

Wanneer Beverley Kemp en haar broer Chrisjan in hul oorlede ouers se staptoerusting op ’n geheimsinnige skatkaart
afkom, is Beverley oortuig dat dit die sleutel tot ’n verlore skat in die Sederberge is. Terwyl Chrisjan die soektog
opgee om sy huwelik te red, dring Beverley vasberade voort en volg die leidrade van ’n raaiselagtige gedig. Maar wat
begin as ’n avontuurlike skattejag, verander vinnig in ’n nagmerrie wanneer sy op ’n skat afkom wat blykbaar aan iemand
anders behoort—’n gevaarlike man genaamd Alexander. Ontvoer en gedwing om die skuilplekke van die skat bloot te lê,
moet Beverley al haar vernuf gebruik om te oorleef. Met haar broer se lewe op die spel en die skaduwee van ’n
internasionale misdaadsindikaat wat oor haar hang, raak haar soeke na antwoorde ’n stryd om oorlewing. Kan sy ’n uitweg
vind voordat dit te laat is?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R179.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 3

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom terug by die Inkvisklub, waar tentakels, koekies en planne altyd deurmekaar raak! In hierdie derde avontuur leer
Jors, Michie, Marries, Chelly, en selfs Peanut, dat die lewe vol verrassings is: van sout-muffins wat soos ’n
wetenskap-eksperiment smaak, tot geheime dagboeke, prinsesplanne en jakkalsmaskerpieknieke onder die sterre. . Maar dis
nie net chaos en giggel nie – saam met Professor Tentaklus, die inkvis met ’n bril en ’n hart (dalk drie!), ontdek die
klub hoe klein woorde soos “asseblief” en “dankie” magiese kragte het, hoe vriendelikheid soos ’n vuurhoutjie ander se
harte aansteek, en hoe selfs ’n stilte-skool jou meer kan leer as ’n lawaaierige dag…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 2

Price range: R69.00 through R189.00

Welkom terug by Olienhoutdam, waar ’n gewone dag vinniger ontspoor as ’n skilpad op ’n skaatsplank! Jors, Marries,
Michie en Chelly dink hulle is slim genoeg om die Inkvisklub rustig aan die gang te hou … maar met Professor Tentaklus,
die wêreld se mees praatgierige inkvis, is “rustig” ’n woord wat sommer uit die woordeboek geskrap kan word. Hier wag
geheimsinnige briefies, eksperimente wat ontplof en ’n nuwe klomp geheime wat net wag om oopgekrap te word…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 38