Agatha van der Merwe

Agatha van der Merwe is ʼn Suid-Afrikaanse outeur van romanse en misdaadromans. Sy matrikuleer in 1989; verwerf daarna haar N5 Sekretariële Sertifikaat; kwalifiseer as aptekersassistent en werk vir twaalf jaar in ʼn apteek.

In 2006 begin sy toesprake skryf vir leerlinge wat aan die ATKV Redenaarskompetisies deelneem en doen dit uiteindelik vir amper tien jaar lank. Sy volg eers haar lewenslange droom om storieboeke te skryf in 2017, toe haar seun die huis verlaat en universiteit toe gaan.

Tot op hede het sy dertien gepubliseerde Afrikaanse boeke waarvan twee self gepubliseer is; agt deur Groenheide Boeke; en drie deur Malherbe Uitgewers. Twee van haar kortverhale is by Malherbe Uitgewers se EMOSIES BUNDEL ingesluit. Verder het sy tans twee gepubliseerde Engelse boeke.
Agatha is lief om navorsing te doen. Sy hou daarvan om te stap. Sy geniet dit om in haar roostuin te werk en speel graag klavier as ontspanning.

Author's books

ʼn Nuwe Begin (Groot Druk)

R329.00

Sanja Sandrucci, ‘n wêreldbekende modeontwerper, verlaat haar glansryke loopbaan en beland onverwags in die
meubelbedryf. Sy koop haar nuwe sakevennoot, Ronnie, se aandele sonder om te weet dat sy medevennoot, Louw, niks van
die transaksie af weet nie. Die spanning tussen Sanja en Louw is onmiddellik tasbaar, vererger deur Louw se skeptisisme
oor haar vermoë om ‘n bydrae tot die besigheid te lewer…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wie ‘n skat Vind (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R329.00

Wanneer Beverley Kemp en haar broer Chrisjan in hul oorlede ouers se staptoerusting op ’n geheimsinnige skatkaart
afkom, is Beverley oortuig dat dit die sleutel tot ’n verlore skat in die Sederberge is. Terwyl Chrisjan die soektog
opgee om sy huwelik te red, dring Beverley vasberade voort en volg die leidrade van ’n raaiselagtige gedig. Maar wat
begin as ’n avontuurlike skattejag, verander vinnig in ’n nagmerrie wanneer sy op ’n skat afkom wat blykbaar aan iemand
anders behoort—’n gevaarlike man genaamd Alexander. Ontvoer en gedwing om die skuilplekke van die skat bloot te lê,
moet Beverley al haar vernuf gebruik om te oorleef. Met haar broer se lewe op die spel en die skaduwee van ’n
internasionale misdaadsindikaat wat oor haar hang, raak haar soeke na antwoorde ’n stryd om oorlewing. Kan sy ’n uitweg
vind voordat dit te laat is?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Blomme vir Hermien (Groot druk)

Price range: R109.00 through R389.00

Hermien slaan op vlug van haar stiefpa wat haar vir jare lank al mishandel en beland op ? wynplaas in die Kaapse Wynland waar sy aangestel word om die gastehuis te bestuur. Tot haar ergernis vind sy uit dat die eienaar, Thinus, ? baie eng uitkyk op die lewe het en boonop baie streng is. Stelselmatig raak sy sy persoonlikheid gewoond. Kort voor lank is dit juis sy streng reëls wat haar beskut laat voel, en die vrees dat haar stiefpa haar gaan opspoor, verdryf.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Utterly Deceived

Price range: R99.00 through R259.00

Gripping, atmospheric, and packed with emotional twists, *Utterly Deceived* is a suspenseful tale of lost identity, betrayal, and the dangerous depths of deception.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Blomme vir Hermien

Price range: R108.00 through R275.00

Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wie ‘n skat vind

Price range: R99.00 through R259.00

Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Nuwe Begin

Price range: R99.00 through R259.00

Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page