Price range: R109.00 through R389.00

Blomme vir Hermien (Groot druk)

(1 customer review)

Hermien slaan op vlug van haar stiefpa wat haar vir jare lank al mishandel en beland op ? wynplaas in die Kaapse Wynland waar sy aangestel word om die gastehuis te bestuur. Tot haar ergernis vind sy uit dat die eienaar, Thinus, ? baie eng uitkyk op die lewe het en boonop baie streng is. Stelselmatig raak sy sy persoonlikheid gewoond. Kort voor lank is dit juis sy streng reëls wat haar beskut laat voel, en die vrees dat haar stiefpa haar gaan opspoor, verdryf.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-99744-342-1 382 2025-07-14 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Hermien slaan op vlug van haar stiefpa wat haar vir jare lank al mishandel en beland op ? wynplaas in die Kaapse Wynland waar sy aangestel word om die gastehuis te bestuur. Tot haar ergernis vind sy uit dat die eienaar, Thinus, ? baie eng uitkyk op die lewe het en boonop baie streng is. Stelselmatig raak sy sy persoonlikheid gewoond. Kort voor lank is dit juis sy streng reëls wat haar beskut laat voel, en die vrees dat haar stiefpa haar gaan opspoor, verdryf.
George (Thinus se gewese vriend) verskyn op die toneel en skenk vanuit die staanspoor besonder baie aandag aan haar – ten spyte daarvan dat hy die plaas belet is. George gooi haar toe onder sy sjarme, maar dit is Thinus wat haar hart telkens op galop laat gaan en vlinders in haar maag laat kielie.
Thinus is in ? stryd van sy eie gewikkel. Onopgeloste sake van die verlede het skeiding tussen hom en sy familie en vriende gebring. Almal het hom verstoot en hy voel geheel en al verloën deur dié mense wat veronderstel was om hom tydens die krisis te ondersteun en by te staan. Daardie geweldige teleurstelling verhoed dat hy weer sy hart vir liefde kan oopmaak, selfs al begin hy gevoelens vir Hermien ontwikkel.
Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Blomme vir Hermien (Groot druk)

  1. renevdm123

    BOEKVERSLAG deur: A. Hills – Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke

    Wanneer Hermien ‘n aantreklike man op haar ‘vriendin’ se troue ontmoet, sou sy nooit kon raai dat haar lewe koponderstebo gedraai sou word nie.

    Om weg te kom van haar gewelddadige stiefpa, doen sy aansoek vir ‘n pos ver van hom af – iewers op ‘n plaas. Met haar aankoms op die plaas, kry sy ‘n verrassing. Haar nuwe werkgewer is niemand anders as die aantreklike man wat sy ontmoet het, Thinus, nie. Die vonke spat behoorlik wanneer Thinus aan haar probeer voorskryf wat sy mag dra en pas haar letterlik op.

    Dan daag George ‘n gewese vriend, en Dolf – Thinus se broer daar op. Allerhande kinkels in die kabels speel hom af, wanneer George by Hermien begin vlerksleep. Vreemde oproepe en verskeie soorte blomme maak saans hulle verskyning op Hermien se bed. Dit maak haar angsbevange – vir wie moet sy vertrou en wat het in Thinus se verlede gebeur? Watter een van die mans hou ‘n bedreiging in vir Hermien en aan wie behoort haar hart?

    Blomme vir Hermien is ‘n proe-proe lekkerlees verhaal. Mens lees stadig sodat jy niks mis nie, net soos wat jy ‘n koue glasie wyn slukkie vir slukkie geniet. Agatha se skryfstyl is eie-aard en kenmerkend. Dit is ‘n verhaal wat hom leen tot ‘n groeiende en boeiende aksiebelaaide tonele. Sonder om enigsins die spanningslyn of verloop van die gebeure in te boet, is die atmosfeer van hierdie verhaal goed. Dit is waarskynlik juis om hierdie rede die skrywer haarself onderskei as besonders. Om die illusie te skep ten einde die geïsoleerdheid en onvoorspelbaarheid van die karakters in besondere detail uit te pak is verfrissend anders. Agatha se taalgebruik is keurig, beeldryk en stylvol. Selfs die ontknoping word ‘n spannende spinnerak van gebeure met ‘n verrassende einde.

    Dit is die perfekte leesstof vir lesers wat van iets anders as die alledaagse liefdesverhale hou.

Add a review