Sanja Sandrucci, ‘n wêreldbekende modeontwerper, verlaat haar glansryke loopbaan en beland onverwags in die
meubelbedryf. Sy koop haar nuwe sakevennoot, Ronnie, se aandele sonder om te weet dat sy medevennoot, Louw, niks van
die transaksie af weet nie. Die spanning tussen Sanja en Louw is onmiddellik tasbaar, vererger deur Louw se skeptisisme
oor haar vermoë om ‘n bydrae tot die besigheid te lewer. Tog bewys sy haarself vinnig as ‘n kreatiewe krag met haar
unieke ontwerpe. Terwyl sy sukkel om ‘n nuwe lewe vir haarself te bou, word sy gedwing om haar geheime verlede te
konfronteer. Louw begin haar op ‘n ander manier raaksien, maar sy twyfel of sy ooit weer iemand kan vertrou. Teen die
agtergrond van ‘n familiegeskiedenis van skuld en verlies, moet Sanja en Louw leer om mekaar se werklikhede te
verstaan. Kan hulle ‘n nuwe begin maak—saam?
As maskers val
Price range: R119.00 through R249.00Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

renevdm123 –
BOEKVERSLAG deur: A Hills- Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke
Sommer met die intrapslag, of sal ek eerder sê inleesslag?, gryp Agatha van der Merwe, die leser se verbeelding aan, met ‘n woedende Louw: “Julle het mekaar skaars ontmoet en nou is julle op pad kansel toe?” Uit die staanspoor is die twee broers , Louw en Ronnie haaks.
Met slim taktiek en oormaat humor, skep die skrywer goeie verwarring by die leser – deur Ronnie wat sy broer onder ‘n wanindruk bring. Dan verskyn Sanja, wat Ronnie se aandele in Van Wyk Meubels oorgekoop het in die kantoor en Louw sien haar verkeerdelik aan as Ronnie se ‘verloofde.’ Daar is ‘n warboel van emosies, wanneer Ronnie hom uit die voete maak met die woorde; “Van vandag af is ek nie meer jou vennoot nie, Sanja is.” Gaan Sanja wat ‘n wêreldberoemde modeontwerper, met haar talent van ontwerp, by Van Wyk Meubels, inpas? Wanneer Sanja ‘n moeilike kliënt van Van Wyk Meubels oortuig om vir haar ‘n spesiale koffietafel sal ontwerp, gaap Louw haar aan. Dan kom hy agter wie sy is.
Daar is egter ‘n paar vlieë in dié pot salf – Hilda, wat Sanja op ‘n slinkse wyse bedrieg het, Ciske wat nie kan aanvaar dat Louw haar nie meer liefhet nie en die aantreklike Italianer Alessandro… Wat gaan gebeur tussen Louw en Sanja wanneer vreemde dinge begin gebeur?
Met stylvolle taalgebruik en ‘n heerlike storielyn, trek Agatha die leser binne in elke intrige. Die skrywer skep met fyn sinspeling en verdagmakery ‘n goeie balans om geloofwaardigheid aan die verhaal te gee. Sy behou hierdeur die leser aandag, skep goeie tweestryd en die ontknoping het ‘n verrassende slot.
Dit is die perfekte leesstof vir lesers wat ‘n veelvlakkige roman geniet en waardeer.