Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.
Onder die sekelmaan
Price range: R109.00 through R269.00Wanneer Maryke se vriend Keano spoorloos in die wildernis verdwyn, moet sy dae lank alleen oorleef voordat sy Mitchell se hut bereik. Maar haar redding bring nuwe vrae: Waarom het Keano haar agtergelaat, en waarom glo die eilandgemeenskap dat sy iets met sy moord te doen het? Saam met Mitchell moet sy die waarheid ontbloot.

Reviews
There are no reviews yet.