Van verneuker tot jintelman
Price range: R99.00 through R259.00Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

AnnMaree Barry, oorspronklik van Zoar, woon tans in Calitzdorp. Sy het as kind in haar kop geleef en stories gemaak van kleins af. Sy begin reeds op vier- of vyfjarige ouderdom skryf. Verskillende genres interesseer haar, van intense emosionele temas tot speelse eksperimente. Haar nuutste boek, Die Swaai, ondersoek die kompleksiteit van begeerte en grense in verhoudings.
AnnMaree se stories kom in flitse – sy werk aan verskeie boeke gelyk wanneer inspirasie tref. Sy beskryf haar skryfproses as intens en obsessief, gevolg deur stilte. Haar lesers is vir haar onmisbaar; hulle gee betekenis aan haar woorde. Sy lees graag die Bybel en ander diepgaande werke soos Slotsom.
Buite die skryfwêreld vind mens haar in haar uniform, in die kerk of op die drafpad. Haar werk aan Plaasmoorde bring haar nou slapelose nagte. Sy bewonder skrywers soos Heleen Malherbe, Adam Smal en Allison Matroos. Sy glo skryf is nie net selfuitdrukking nie, maar ook ’n manier om sin te maak van die lewe.
Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’
AnnMaree beeld in die boek uit van hoe ‘n jong meisie se soeke na ‘n lewe waarvan sy geen kennis dra, en waar sy veroordeel gaan word deur die kerk, gemeenskap en haar ouers. Is gay wees ’n gier? Bid ’n mens dit weg, of word ’n mens so gebore? Dit is van die vrae waarmee Petra worstel.
Die hartseer van ’n plaasaanval en die naleef daarvan.
Die Swaai is ‘n volwasse erotiese boek wat vertel van ‘n vrou se begeertes en tot waar sy sal gaan om haar fantasie uit te leef. Moord en fantasie is ‘n dodelike kombinasie.
Niemand is nie ‘n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van ‘n polisiebeampte nie. Dit is ‘n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak