AnnMaree is ‘n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie. Niemand is nie ‘n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van ‘n polisiebeampte nie. Dit is ‘n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak~Liezl van Niekerk.
“Sy word skielik bewus daarvan dat Michael besig is om te sukkel om uit die diep leunstoel op te staan. Mimi gaan nader en help hom stadig aan beide sy arms op. Dan vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde is hul gesigte so na aan mekaar dat Mimi sy naskeermiddel kan ruik.; Sy voel sy asem op haar vel. Instinktief is haar fokus op die lippe voor haar, hy het so ‘n pragtige vol mond. Mimi kan haarself nie keer en leun vorentoe en soen Michael op die mond. Sy besef vinnig dat hy nie weet wat om te doen nie, maar is so vasgevang in die oomblik dat sy nie beheer het nie, en hom weer soen. Hierdie keer raak sy liggies met haar tong aan sy onderlip. Daar kom ‘n ligte sug oor die jong lippe…”
Van verneuker tot jintelman
Price range: R99.00 through R259.00Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.
Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die ‘twist’

marsdrey –
Mini de Wee, ʼn geregsdienaar wat dikwels in haar amp te staan kom voor geslag geweld. Nooit ontbreek dit haar aan raad wanneer sy met hierdie vroue slagoffers te doen kry nie. Jammerlik neem sy nie haar eie goeie raad en pas dit in haar eie lewe toe nie.
Tog na een aand nadat sy weer Trevor, haar prokureursman, se mishandeling moes deurstaan, kom sy so ver om haar kinders te neem en te gaan. Miskien soos altyd net vir ʼn rukkie, maar darem ʼn verposing.
AnnMaree Barry neem haar lesers hierna op ʼn mallemeule rit. Waar jy die een oomblik voel dit moet net ophou en die volgende oomblik bid dit moet vir ewig aanhou.
ʼn Verhaal wat lewensgetrou is vir soveel vroue vandag en deur die eeue heen. Vol seer en teleurstelling en dan die onverwagte wending waar die son weer vir haar momenteel helder skyn. Waar sy die opgekropte passie in haar eroties kan uitleef.
Wat begin as ʼn seer verhaal, ontvou in ʼn passie gevulde verhaal. Elke toneel so in die fynste besonderhede beskryf dat jy net na die koue water moet gryp om af te koel.
Die boek het my geboei van begin tot einde en ek het baie meer gekry as wat ek verwag het. Teen alle verwagting in ontvou die verhaal heel anders as wat die skrywer jou lei om te glo aan die begin.
AnnMaree uitstekende storie en uitstekend geskryf. Ek sal dit beslis vir enigiemand aanbeveel.
Marsofine Krynauw