At Kruger

Doktor At Kruger het na aftrede gaan boer en deeltyds begin skryf. Die afgelope dekade woon hy en sy eggenote Annelize in Centurion. Malherbe Uitgewers het reeds vyf van sy werke by name Nutria Volumes 1 en2 (fiksie), Boerhart van my Verstand (nie-fiksie), Bywoner en Vabond gepubliseer. Malmok volg binnekort.

Die tema van Nutria is die Vergete Bosoorlog (1966 tot 1989), Boerhart is n bundel essays oor die agtergrond en vaardighede benodig om uit eie hande kos op die tafel te sit. Bywoner is n nostalgiese plaasroman en Vabond gaan oor misdaad op die platteland, insluitend plaasaanvalle. Malmok is wetenskapfiksie. Mense van ander planete op aarde.

At werk tans aan Moorman. Moorman is moorman. Die uitsonderlike lewe van n huurmoordenaar.

Daar is nog stories in hierdie skrywer se gemoed. Die volgende titel mag dalk Sewe wees. Miskien nie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Malmok

Price range: R159.00 through R399.00

Met onverskrokke eerlikheid, swart humor en ryk, beeldende taal, is *Malmok* ’n kragtige, grensverskuiwende verhaal wat nie skroom om diep te delf in die donker kant van menswees nie.

**Gevul met rou waarheid, ongemaklike begeertes en ontstellende onthullings – hierdie is nie ’n boek vir sensitiewe lesers nie.**

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vabond

Price range: R229.00 through R389.00

Met intense karakters, grafiese beskrywings en ‘n spanningslyn wat lesers op die punt van hul sitplekke hou,is ‘Vabond’ ‘n roman wat nie net vermaak nie, maar ook ‘n kragtige sosiale kommentaar lewer. Dit is ‘n verhaal wat bly hang lank nadat die laaste bladsy gelees is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bywoner

Price range: R99.00 through R399.00

Hoekom Bywoner as die Meyers stinkryk is? Waarom boer hulle op ‘n koopplaas ver van hulle erfgrond? Skud u leesvere reg vir ‘n nostalgiese storie oor plaaslewe, hede en verlede. Verhoudings, liefde, vreugde, teleurstelling, angs, verraad en moord. Versmelt met die lewe van ‘n rotsvaste boer en sy eggenote, Alexis. Briljant, mooi en spelerig, die spil waarom die storie draai.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Boerhart van my verstand

Price range: R99.00 through R339.00

Dat my naaste uit ‘n voedsel oogpunt vorentoe gaan swaarkry oor die meerderheid nog nooit vir hulleself moes sorg nie en dus nie oor die kennis en vaardighede beskik om te oorleef indien die lewe nou wel sy agterent op ons gaan draai nie. Die essays is geskryf met empatie, maar sans simpatie vir diegene wat perdedrolle van vye wil onderskei.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nutria Volume 2

Price range: R149.00 through R379.00

Die oorlog kry nie einde nie. Die jaarlikse metamorfose van eggenoot, vader, student en besigheidsman na moordende barbaar en weer terug, gaan sit nie maklik in ‘n mens se klere nie. Om van versoekinge van die vlees nie te praat nie.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nutria met ‘n bajonet volume 1

Price range: R159.00 through R379.00

Van swoeg in bruin uniform, wat amptelik bekend gestaan het as nutria, oor klipkoppe, deur doringruigtes, tussen Namibduine en in Caprivisand. Van oorlogvoering. Van studentelewe en plan maak vir oorleef. Liquorice, soetkoekies, tabak en drank.
Hoe ‘n vrou se lyf kan verlei. Net n baie dapper man trou met ‘n mooi vrou. Selfs moor vir haar.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page