Nutria in twee volumes is gister se storie met vandag se gif geskryf. Die storie is twee rokies uit een vuurtjie. Die paralelle lewensverhale van Fanie Meiring. ‘n Jongeling wat tydens Die Vergete Bosoorlog, 1966 tot 1989, sy verpligte diensplig as infanteris deurloop het en daarna ? lewe moes maak wyl hy, jaar na jaar, opgeroep is om weermagkampe – soms verdere opleiding, dikwels operasionele diens – te doen, tot hy nie meer so jonk was nie. Die weermag van destyds was nie vir sissies nie.
Terwille van outentisiteit is die taal dus plek-plek kru en nie geskik vir minderjarige nog sensitiewe lesers nie. Nutria Volume 2 is die storie van ‘n jong egpaar wat mekaar probeer glad skuur dat daar nie haakplekke in die huwelik is nie. Die oerou lewensverhaal word bemoeilik deur ‘n voorhuwelikse geskiedenis (Volume 1) wat hulle vaarwater stormagtig maak en telkens word hulle pogings onderbreek deur oproepinstruksies. Dan trek Fanie Meiring nutria aan en verdwyn na bloedige boskasies wyl Ingé alleen agterbly met kinders en ‘n besigheid wat begin het as biltong smous aan medestudente en algaande uitbrei na ‘n fynkosreus.
Die oorlog kry nie einde nie. Die jaarlikse metamorfose van eggenoot, vader, student en besigheidsman na moordende barbaar en weer terug, gaan sit nie maklik in ‘n mens se klere nie. Om van versoekinge van die vlees nie te praat nie.
Moorman
Price range: R149.00 through R389.00Rupert Murdoch is ʼn moordenaar. ʼn Sluipmoordenaar in ’n donker wêreld waar opdragte gegee word sonder vrae, en skuldgevoelens geen plek het nie. Wanneer Murdoch nie moor nie, is hy Brian McKenna wat op ondenkbare wyses poog om die
bloed van sy hande te was. Ná jare van moord en verraad erf hy onverwags ’n plaas in Limpopo – ’n stukkie grond waar stilte en sonlig hom moontlik ’n nuwe begin kan bied. Op Wolwefontein wag meer as net stilte. Hanri, die vrou wat onwetend sy donker wêreld binnewandel, word sy veilige hawe na wie hy telkens terugkeer. Maar vrede is ’n luukse wat min mense hom gun. Die verlede, in die gedaante van die beeldskone, maar dodelike, Suzanne volg hom soos ’n skaduwee. Murdoch word die teiken van die stelsel wat hom geskep het. Dié keer slaan die moordenaar terug. En wanneer moord, wraak en liefde begin saamvloei, moet hy besluit: kan ’n moorman ooit in die lig leef? Moorman is ’n meedoënlose, spanningsvolle roman wat die grense tussen skuld en geregtigheid, passie en gevaar, ondersoek. Dit is nie vir sensitiewe lesers nie – maar vir dié wat dapper genoeg is om in die donker te kyk.

Reviews
There are no reviews yet.