Elna van Zyl

Elna van Zyl is op 15 September 1963 gebore en het grootgeword in Potchefstroom. Ná haar pa se dood het sy saam met haar ma en jonger broer Randburg toe verhuis. Sy ontvang haar tersiêre opleiding aan die destydse Goudstadse Onderwyskollege.

Elna begin in 1986 skoolhou en onderrig Afrikaans tot 2017, en hervat weer in 2020. Sy woon steeds in Randburg. Van kleins af het sy ’n lewendige verbeelding gehad en geglo in kabouters, feëtjies en die tandmuis.

Afrikaanse onderwyseresse in hoërskool, mev. Malan en mev. Stroebel, het haar liefde vir taal aangewakker. Haar ma, Minnie, en vriendin, die sangeres Steffie le Roux, het haar aanhou aanmoedig om te skryf en in haarself te glo.

Sy dra haar werk op aan hulle en aan elke leser wat vreugde daarin vind. Haar debuut, Rympies vir klein duimpies, eer haar ma se nalatenskap en onwrikbare ondersteuning.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Môre kan te laat wees

Price range: R39.00 through R109.00

Wanneer Tertia en Frik se lewe omgekeer word deur verskeie rusies en Tertia hom toesnou sy haat hom, laat dit Frik met ’n verslae gemoed wanneer hy die Boeiing bestyg, Soos altyd, los hy probleme agter as hy agter die stuurwiel van die lugreus inskuif.
Tertia besef sy het te vêr gegaan en probeer hom telefonies bereik sonder sukses tot sy die nuus hoor.
Is môre dalk te laat vir Frik en Tertia?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nagmerrie matriek vakansie

Price range: R59.00 through R139.00

Wanneer Lily en haar drie jarelange skoolvriendinne besluit om saam te gaan vakansie hou, was dit met groot opgewondenheid. Min het hulle geweet wat op hulle wag.Mensehandel is so ‘n werklikheid vandag. Hierdie verhaal laat jou op die punt van jou stoel sit as jy saam met die vier vriendinne hulle belewenis ervaar.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Spinnie spinnekop

Price range: R59.00 through R169.00

Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind moet verwerf, want hy/sy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor o sodat hy kan lees om te leer. Lees is veel meer as net die herkenning van woorde. Dit is ‘n holistiese proses wat die kind in totaliteit betrek. Lees bou woordeskat, dit verbeter konsentrasie en help ons om te ontspan. Kinders wat lees spel beter. Lees kan ook n sosiale aktiwiteit wees. Woorde is boustene selfs in tegnologie. Lees is die sleutel tot opvoeding, opleiding en ‘n kwaliteit lewe. Lees ontsluit die kind se verbeelding en so ook sy wêreld om hom/haar. Daarom word hierdie boek Spinnie Spinnekop sterk aanbeveel, dit is oulike stories om die kind se verbeelding aan te gryp.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Volg die stippellyne – trace the dotted lines

R169.00

‘n Prettige interaktiewe metode om jong kinders op te lei.
Die voltooiing van die tekeninge help met:• Visuele persepsie• Fyn motorise vaardighede• Gereedmaking vir lees • Skryfontwikkeling• Voltooiing van ’n spieëlbeeld

A fun interactive method to assist in the teaching of young children.
Completing the drawings helps with:• Visual perception• Fine motor skills• Preparing for reading• Writing development• Completing a mirror image

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tinkie

Price range: R29.00 through R99.00

Los my uit! Los my net uit! Ek haat julle! Ek haat julle!” gil Tinkie, en storm by die voordeur uit.
Tinkie se mamma is oorlede en sy sukkel om die trauma te verwerk. Sy hoor haar pa praat oor die foon en sy vlug.
Wat het van Tinkie geword?
Kan die hartseerverhaal eindig in vreugde?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die briefie

Price range: R39.00 through R109.00

Lienka was die enigste kind van Alta en Cornelius de Wet. Haar pa het gesterf toe sy slegs nege jaar oud was en haar ma vyf maande gelede. Sy het groot geword in Kuruman waar haar pa die stasiebevelvoerder van die polisiestasie was en haar ma maar al die jare ’n tuisteskepper. Lienka soek Lukas van Vuuren op en hy luister aandagtig na wat Lienka sê, sy twee potblou oë vasgenael op die vergeelde, toegevoude briefie in sy hande. Sy hande bewe effens, maar Lienka sien dit nie eers raak nie.
Lukas vou die briefie stadig oop toe Lienka opgehou praat het. Die papiertjie is baie dun en kan maklik skeur…
Lees verder aan hierdie hartroerende verhaal…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wintersnag in die Drakensberge

Price range: R39.00 through R109.00

‘n Vakansie in die Drakensberge breek aan waarna die gesin so uitgesien het.
Wat kan dan nou verkeerd gaan?
Kom ervaar ‘n wintersnag in die Drakensberge saam met die gesin en vind uit wat so vreesaanjaend kan wees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geheimsinnigheid op Vlakdrif

Price range: R39.00 through R109.00

Wanneer Divan, moedeloos en uitgeput van die hitte en droogte gedwing word om ’n windpomp te gaan regmaak om dors diere water te gee, lei dit tot ontdekking van ongerymdhede wat vlak onder sy neus gebeur.
Te midde van al die probleme raak jong kinders weg op die dorp en skep dit ’n gevoel van angs tussen die inwoners.
Sal Divan uiteindelik die antwoorde kry waarna hy so naarstiglik soek…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Eggo’s van die hart

R129.00

Hierdie bundel, Eggo’s van die hart, word opgedra aan my ma, Minnie van Zyl, wat nooit opgehou het om saam met my in my drome te glo nie.
Aan my vriendin, Steffie le Roux, vir die pragtige buitebladillustrasie en aanhoudende, opbouende woorde wat gelei het tot die publisering van Eggo’s van die hart.Groot dank aan Werner Nell vir die uitsonderlike buitebladontwerp.
Mag elke leser ‘n deel van jou hart in die gedigte vind

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Rympies vir klein duimpies

Price range: R59.00 through R99.00

Kinders groei speel-speel op en ons as ouers moet rym en vers gebruik om die kind te stimuleer tot ryke woordeskat en kreatiwiteit. Elna van Zyl bring in hierdie boekie Rympies vir Klein Duimpies kleuterpret soos min.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page