Hennie Malan

Hendrik Francois Malan, beter bekend as Hennie, woon op ’n plaas buite Vanderbijlpark met die naam Klipkop. Hy skryf spanningsverhale, met ’n voorkeur vir die speurgenre.

Hy het in Vanderbijlpark grootgeword en het ná skool begin skryf. Sy ma het hom aangemoedig om sy stories op papier te sit. Sy nuutste boek, Bloedmaan, volg die reis van Trudie wat haar biologiese pa se wildsplaas erf en ’n renosterstropersnetwerk tydens volmaan moet trotseer.

Hennie kry inspirasie uit die werke van top-skrywers soos Deon Meyer, Peet Venter en I.D. Lampbrecht. Hy werk aan ’n nuwe speurverhaal sonder ’n finale titel.

Wanneer hy nie skryf nie, werk hy voltyds. Hy lees self graag speurverhale. Sy raad aan lesers: Lees, lees, lees – en laat weet wat jy dink. Jou terugvoer gee lewe aan sy stories.

Author's books

Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)

R299.00

Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die maan huil bloed

Price range: R79.00 through R209.00

Die Maan Huil Bloed is ’n spanningsverhaal vol intrige en vertel die verhaal van Trudie wat ’n erfgenaam is van ’n man wat haar tweede pa is, waarvan sy nie eers geweet het nie. Sy erf ’n wildsplaas aan die voet van die Soutpansberge.
Net na die besoek van die prokureur ontvang Trudie ’n bos rose en haar vriendin Rika sterf net daarna. Is dit toevallig?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jou hart is myne

Price range: R39.00 through R139.00

’n Reeksmoordenaar raak besig met mans waar hulle harte uit hulle borskas verwyder word. Eerste wat Frik se skerp speurdersoog vang, is die rooskleurige papier op André se bloedbevlekte bors wat in ‘n hartvorm gesny is. Op die rooskleurige papier staan in sierskrif geskryf: ll memento de nostro fu il più bello della mia vita. Ll mio amore per te non ha limiti. Ll tuo cure è sempre con me. Die enigste ander leidraad: ’n Jong seun wat ’n wit Fiat Uno voor die huis van een van die vermoorde mans die nag van sy moord opgemerk het. En ’n persoon in ’n swart jas met ’n tassie wat by die vermoorde se hek ingegaan het. Die moorde laat Frik behoorlik kopkrap en in die lug gryp na antwoorde. Tot waar sy neef in gevaar is. Gaan hy betyds wees om Theuns se lewe te red uit die hartelose moordenaar se kloue?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page