Price range: R79.00 through R209.00

Die maan huil bloed

(1 customer review)

Die Maan Huil Bloed is ’n spanningsverhaal vol intrige en vertel die verhaal van Trudie wat ’n erfgenaam is van ’n man wat haar tweede pa is, waarvan sy nie eers geweet het nie. Sy erf ’n wildsplaas aan die voet van die Soutpansberge.
Net na die besoek van die prokureur ontvang Trudie ’n bos rose en haar vriendin Rika sterf net daarna. Is dit toevallig?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-99123-217-5 165 2022-10-11 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Die Maan Huil Bloed is ’n spanningsverhaal vol intrige en vertel die verhaal van Trudie wat ’n erfgenaam is van ’n man wat haar tweede pa is, waarvan sy nie eers geweet het nie. Sy erf ’n wildsplaas aan die voet van die Soutpansberge.
Net na die besoek van die prokureur ontvang Trudie ’n bos rose en haar vriendin Rika sterf net daarna. Is dit toevallig? Sy ontmoet haar suster Vennessa vir die eerste keer en sy word vyandig behandel. Trudie ontmoet Rudi wat haar voete onder haar uitslaan en wanneer sy in haar kamer kom daardie aand, wag daar ’n briefie vir haar, in bloed geskryf. Trudie moet die handewerk aanskou van renosters wat gewetenloos gestroop word tot waar haar eie lewe in gevaar kom…
Gaan Trudie op die plaas aanbly en die stropery stop? Waar pas haar onbekende suster in hierdie verhaal?

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Die maan huil bloed

  1. marsdrey

    Binne die eerste hoofstuk van Die Maan huil Bloed besef jy reeds dat hierdie nie jou normale storie gaan wees waar alles maar net hul rustige gang gaan nie.

    Hennie Malan vang jou aandag vas vroeg in die boek met die intriges wat sommer vroeg al begin op bou en hou jou op die punt van jou stoel vir die res van die boek.

    Dit is duidelik dat hy sy navorsing goed gedoen het, want sy tonele en omgewing word in die fynste besonderhede beskryf, dit voel of jy self daar is, of jy self die karakter is, so werklik is dit. Die inligting oor die sekere areas wat hy dek gedurende die loop van sy storie is ook goed nagevors. Hy werk op ‘n baie doeltreffende manier die inligting oor die omgewing, of die witkruisarend of seker tipe plante groei of die slange soos ‘n fyn draad by sy storie in. So hou hy jou aandag en raak dit nie net lang verduidelikings nie, maar deel van die verhaal.

    Hy sorg dat jy so nou en dan moet onthou om asem te haal, want die spannings-draad wat deur sy verhaal loop is sterk en opwindend. Dit laat jou voel soos ‘n styfgespanne snaar wat enige oomblik kan losskiet, maar veroorsaak dat jy net nie kan ophou lees nie.

    Die tema waaroor sy verhaal gaan, met die intriges wat daarmee saam gaan is een wat so baie mense na aan die hart lê, die van renoster stropery en geldsug van mense.
    Die verhaal ontrafel so dat jy in die duister gehou word oor hoe dit gaan eindig, so hou hy jou aandag deurentyd.

    Die Maan huil Bloed het my aan ‘n heerlike koekstruif laat dink – daar is soveel elemente in – en almal is ewe belangrik om van die boek die puik leesstof te maak wat dit voorwaar is. Daar is intrige van die begin af, afguns, jaloesie, haat, die fyn draad van ‘n pragtige liefde wat stadig ontwikkel tussen al die gruwels deur, misplaaste vergelding, moord en nog vele naelkou elemente in.

    Hennie, baie geluk met ‘n puik stuk werk, ek het hierdie boek verskriklik geniet. Ek sal hierdie boek enige tyd vir mans en vroue lesers aanbeveel. Dit is ‘n puik speurverhaal wat in ‘n baie pragtige omgewing afspeel.

    Marsofine Krynauw

Add a review