’n Reeksmoordenaar raak besig met mans waar hulle harte uit hulle borskas verwyder word. Eerste wat Frik se skerp speurdersoog vang, is die rooskleurige papier op André se bloedbevlekte bors wat in ‘n hartvorm gesny is. Op die rooskleurige papier staan in sierskrif geskryf: ll memento de nostro fu il più bello della mia vita. Ll mio amore per te non ha limiti. Ll tuo cure è sempre con me. Die enigste ander leidraad: ’n Jong seun wat ’n wit Fiat Uno voor die huis van een van die vermoorde mans die nag van sy moord opgemerk het. En ’n persoon in ’n swart jas met ’n tassie wat by die vermoorde se hek ingegaan het. Die moorde laat Frik behoorlik kopkrap en in die lug gryp na antwoorde. Tot waar sy neef in gevaar is. Gaan hy betyds wees om Theuns se lewe te red uit die hartelose moordenaar se kloue?
Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)
R299.00Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

Reviews
There are no reviews yet.