Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.
Die maan huil bloed
Price range: R79.00 through R209.00Die Maan Huil Bloed is ’n spanningsverhaal vol intrige en vertel die verhaal van Trudie wat ’n erfgenaam is van ’n man wat haar tweede pa is, waarvan sy nie eers geweet het nie. Sy erf ’n wildsplaas aan die voet van die Soutpansberge.
Net na die besoek van die prokureur ontvang Trudie ’n bos rose en haar vriendin Rika sterf net daarna. Is dit toevallig?

Reviews
There are no reviews yet.