Lorinda Ferreira Oosthuizen (Juleandré Bianchi)

Lorinda Ferreira Oosthuizen, wat onder die skrywersnaam Juleandré Bianchi publiseer, put haar inspirasie uit haar onmiddellike wêreld — familie, vriende, die natuur, en die klanke van musiek. Sy woon tans in die rustige dorpie Noupoort in die Noord-Kaap, waar sy haar kreatiwiteit uitleef en haar passie vir storievertelling vervolmaak.

Haar werk word beïnvloed deur skrywers soos Susanna M. Lingua, Marsofine Krynauw, Wilmari Jooste, Ens Murray en die internasionaal gevierde J.K. Rowling. Hierdie skrywers het ’n betekenisvolle rol gespeel in die vorming van haar stem en styl as skrywer.

Wanneer sy nie skryf nie, geniet sy dit om te lees, na musiek te luister, en kreatief te wees in die kombuis — veral deur te bak en resepte uit te toets. Onder haar skuilnaam Juleandré het sy reeds ses boeke gepubliseer, en haar stem as skrywer word toenemend erken in Afrikaanse letterkunde.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde vir Nonnie

Price range: R39.00 through R139.00

Desiree Leach, “Nonnie”, gaan deur ‘n uitdagende tyd in haar lewe. Sy word deur verskeie komplikasies getref, wat haar op ’n pad van selfontdekking en emosionele groei dwing. Die eerste groot uitdaging in haar lewe is die verraad deur haar kêrel, David Johnson, wat sy in ‘n kompromitterende situasie met ’n ander vrou betrap.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Drama in New York (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R189.00

Luitenant Bruce McClane aanvaar ’n betrekking by die New York Polisiedepartement. Hy stap by OR Tambo Lughawe aan boord van die vliegtuig om uiteindelik by sy vrou en twee kinders aan te sluit wat reeds maande gelede verhuis het na New York. Min weet hy van al die drama wat tydens die vlug, en ook in New York op hom en sy gesin wag. Tydens ’n bomdreigement by ’n inkopiesentrum waar Ilzé inkopies doen, moet Bruce weereens tot sy vrou se redding kom.Weke daarna tref ’n tornado New York, en tydens die storm red hy ’n seuntjie. Klein William herinner hom aan sy niggie, Gina-Maria, maar gaan hy haar betyds vind en haar red van haar narsistiese man? Te midde van al die drama, is daar darem baie goeie nuus wat Bruce en Ilzé op ’n wolk van geluk laat sweef…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde in Londen

Price range: R79.00 through R199.00

Die klimaks van die verhaal bevat intense momente van gevaar en redding, soos wanneer Michaela en haar gesin betrokke raak by ‘n dramatiese gyselaarsituasie.Die verhaal sluit af met die karakters wat groot lewensveranderinge ondergaan. Romantiese en professionele uitdagings resoneer met die leser en skep ‘n sterk emosionele band met die karakters.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Drama in New York

Price range: R39.00 through R139.00

Luitenant Bruce McClane aanvaar ’n betrekking by die New York Polisiedepartement. Hy stap by OR Tambo Lughawe aan boord van die vliegtuig om uiteindelik by sy vrou en twee kinders aan te sluit wat reeds maande gelede verhuis het na New York. Min weet hy van al die drama wat tydens die vlug, en ook in New York op hom en sy gesin wag. Sy vlug na New York ontaard in ’n nagmerrie en hy moet veg vir sy en die passasiers se lewens.
Sy aankoms in New York, word in chaos gedompel wanner hy saam met sy vrou, Ilzé, ’n werksfunksie moet bywoon. Mense word gyselaar geneem en Bruce moet tot die redding kom.
Tydens ’n bomdreigement by ’n inkopiesentrum waar Ilzé inkopies doen, moet Bruce weereens tot sy vrou se redding kom. Weke daarna tref ’n tornado New York, en tydens die storm red hy ’n seuntjie. Klein William herinner hom aan sy niggie, Gina-Maria, maar gaan hy haar betyds vind en haar red van haar narsistiese man?
Ten midde van al die drama, is daar darem baie goeie nuus wat Bruce en Ilzé op ’n wolk van geluk laat sweef…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Misterie van die woud

Price range: R39.00 through R139.00

Die drieling-susters Luna, Diana en Irene kan van kleins af dinge doen wat ander kinders nie kan nie. Een van die spesiale gawes is, dat hulle met enige seedier kan kommunikeer, en hulle is baie lief vir water. Daar word gedurig met hulle daaroor gespot, tot hulle ma besluit die drie is nou oud genoeg om by die ander van hulle soort aan te sluit. Hulle word na ‘n pragtige sprokieskasteel aan die voet van die Meru-gebergte gestuur.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Prinses in Denim

Price range: R99.00 through R239.00

Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg ’n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Weerwolfliefde

Price range: R59.00 through R159.00

Luitenant André Bianchi en kaptein Fabian Vettel, ondersoek die saak van ’n meisie wat geheimsinnig vermis geraak het in dieselfde dennewoud waar hulle twee seuns, Nico en Philippe en ’n klompie van hulle studentemaats, vir ’n paar dae wil gaan kampeer. Philippe word aangeval in die woud, en na die hospital geneem met bytwonde aan sy bors. Lorenzo weet wat die bytwonde veroorsaak het, maar as Philippe die waarheid moet uitvind, gaan dit dalk hul vriendskap kos.
Nog mense in die dorpie verdwyn geheimsinnig. Philippe en Lorenzo se hulp word benodig as polisiereserviste om na die vermiste mense te help soek. Die twee beste vriende raak betrokke in ’n bloedige geveg met die ontvoerders. Dit laat André besef hy durf nie langer die geheim wat hy nog al die jare in hom ronddra, van sy familie weerhou nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page