Desiree Leach, “Nonnie”, gaan deur ‘n uitdagende tyd in haar lewe. Sy word deur verskeie komplikasies getref, wat haar op ’n pad van selfontdekking en emosionele groei dwing. Die eerste groot uitdaging in haar lewe is die verraad deur haar kêrel, David Johnson, wat sy in ‘n kompromitterende situasie met ’n ander vrou betrap.
Sy bevind haarself kort daarna in ’n skrikwekkende gyselaar-situasie wanneer sy tydens inkopies in ’n juwelierswinkel deur ’n gewapende rower vasgekeer word.
Sy bedank haar werk en besluit om ’n wêreldreis saam met haar familie aan te pak. Net toe sy haar vryheid en nuwe planne begin omarm, word sy onverwags betrek by Brad Willis, ’n suksesvolle motorfietsrenjaer, se herstelproses wanneer hy in ‘n ernstige motorfietsongeluk beland. Uiteindelik ontwikkel ’n sterk, gesonde verhouding met Brad wat gebaseer is op wedersydse respek, begrip, en ’n gedeelde passie vir avontuur. David se verraad, die gyselaarsituasie, en haar verhouding met Brad – is ’n keerpunt vir Nonnie wat haar dwing om moeilike keuses te maak.
As die wiel draai
Price range: R79.00 through R219.00Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Reviews
There are no reviews yet.