Die rustige dorpie, Kerpen, is genestel in ’n prentjiemooi kloof, omring deur berge en ’n groot dennewoud. Daar vloei ’n stroompie deur die woud en die jongmense van die dorpie hou daarvan om naweke langs die stroom piekniek te hou. Party kampeer sommer daar en ander gebruik dit vir ’n vryplek, waar verliefde tieners saans na die sterre lê en kyk.
Luitenant André Bianchi en kaptein Fabian Vettel, ondersoek die saak van ’n meisie wat geheimsinnig vermis geraak het in dieselfde dennewoud waar hulle twee seuns, Nico en Philippe en ’n klompie van hulle studentemaats, vir ’n paar dae wil gaan kampeer. Philippe word aangeval in die woud, en na die hospital geneem met bytwonde aan sy bors. Lorenzo weet wat die bytwonde veroorsaak het, maar as Philippe die waarheid moet uitvind, gaan dit dalk hul vriendskap kos.
Nog mense in die dorpie verdwyn geheimsinnig. Philippe en Lorenzo se hulp word benodig as polisiereserviste om na die vermiste mense te help soek. Die twee beste vriende raak betrokke in ’n bloedige geveg met die ontvoerders. Dit laat André besef hy durf nie langer die geheim wat hy nog al die jare in hom ronddra, van sy familie weerhou nie.
As die wiel draai
Price range: R79.00 through R219.00Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Reviews
There are no reviews yet.