Luitenant Bruce McClane aanvaar ’n betrekking by die New York Polisiedepartement. Hy stap by OR Tambo Lughawe aan boord van die vliegtuig om uiteindelik by sy vrou en twee kinders aan te sluit wat reeds maande gelede verhuis het na New York. Min weet hy van al die drama wat tydens die vlug, en ook in New York op hom en sy gesin wag. Sy vlug na New York ontaard in ’n nagmerrie en hy moet veg vir sy en die passasiers se lewens.
Sy aankoms in New York, word in chaos gedompel wanner hy saam met sy vrou, Ilzé, ’n werksfunksie moet bywoon. Mense word gyselaar geneem en Bruce moet tot die redding kom.
Tydens ’n bomdreigement by ’n inkopiesentrum waar Ilzé inkopies doen, moet Bruce weereens tot sy vrou se redding kom.Weke daarna tref ’n tornado New York, en tydens die storm red hy ’n seuntjie. Klein William herinner hom aan sy niggie, Gina-Maria, maar gaan hy haar betyds vind en haar red van haar narsistiese man?
Te midde van al die drama, is daar darem baie goeie nuus wat Bruce en Ilzé op ’n wolk van geluk laat sweef…
As die wiel draai
Price range: R79.00 through R219.00Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Reviews
There are no reviews yet.