Mina Goosen

Wilhelmina Goosen, bekend onder haar skrywersnaam Mina Goosen, woon in Brits en put daagliks inspirasie uit haar lewe as vrou, ma en tuinliefhebber. Sy het sewe jaar gelede begin skryf en het sedertdien verskeie liefdesverhale gepubliseer wat die hart en siel van die Suid-Afrikaanse platteland vasvang. Sy het grootgeword in Suidwes, Namakwaland, die Vrystaat en Koster – ervarings wat haar stories diep gewortel hou in eenvoud, opregtheid en genade.

Mina skryf vir oud én jonk en glo dat haar lesers haar stories laat leef. Haar jongste werk, Harts Verlange, is ’n verhaal van liefde en genade. Sy het ook ander boeke gepubliseer, waaronder Die Stads Nooi, en is tans besig met ’n voltooide manuskrip, Beloop van die Lewe, en ’n digbundel.

Sy bewonder skrywers soos Ena Murray en C.F. Beyers-Boshoff. Wanneer sy nie skryf nie, geniet sy dit om te lees, tuin te maak en te hekel. Haar wens? Dat haar stories mense sal inspireer.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die donker geheim

Price range: R99.00 through R209.00

Wanneer Annette na jare onverwags met haar bloedfamilie herenig word, lyk dit of ’n nuwe seisoen van hoop vir haar en haar kinders aangebreek het. Op die wynplaas La Roche vind hulle rus, liefde – en ’n tweede kans.

Maar onder die oppervlak borrel ou geheime, en die verlede klop aan met sy eie agenda. Die stil, geheimsinnige boekhouer, Bruce Dubois, het meer as net sy werk op die hart. Wanneer Annette se jongste dogter, Estelle, spoorloos verdwyn tydens ’n skou, word die gesin se wêreld onherroeplik geskud. ’n Kat-en-muis-speletjie volg – met tyd, vertroue en geloof as die enigste wapens teen ’n gewetenlose afperser.

Terwyl die gesin alles op die spel plaas om hul kind terug te kry, word die ware betekenis van liefde, volharding en genade getoets. En net wanneer alles verlore lyk, wys die Here se hand weer dat niks ooit te verlore is om te red nie …
Die donker geheim is ’n spanningsverhaal vol hart, familiekrag en die soeke na lig te midde van die donkerste nag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die beloop van die lewe

Price range: R59.00 through R159.00

Jacoba is vasgevang in ’n destruktiewe huwelik, maar kies om haar drie kinders alleen op die plaas in liefde groot te maak. In haar soeke na vrede vind sy hoop en liefde by Albertus. Hoewel die gesin geluk beleef, worstel sy met bekommernis oor haar jongste seun, Poul, wie se selfdood haar wêreld verpletter. Temidde van rou en vrae sonder antwoorde, ervaar sy die Here se genade wat haar ophef en ’n nuwe doel in die lewe gee.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Voetpad deur my hart

R139.00

Mina Goosen se gedigte dek ’n verskeidenheid onderwerpe van die lewe en ook haar liefde vir die lewe soos sy dit sê: Die lewe is ʼn lied, kyk om jou rond en kyk wat die lewe bied, jy sal die lewe so geniet.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Roos van my Hart

Price range: R69.00 through R189.00

In die 1970’s begin Rina, ’n stadsmeisie, haar lewe as bruid van Johan op die plaas Damaron in Suidwes-Afrika. Sy vind geluk, liefde en aanvaarding, en hul seun, Albert, word gebore. Maar Johan word grens toe gestuur en keer terug – gebroke in liggaam en gees. Rina moet alleen sterk staan. Haar geloof word beproef en sy begin ’n pad van pyn en aanvaarding. Sal sy weer ware geluk vind, of bly sy gevange in herinneringe aan die liefde wat was?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartsverlange

Price range: R79.00 through R199.00

Hartsverlange is nie jou gewone roman nie. Dit vertel die verhaal van ‘n gesin soos ons dit in ons lewens ervaar, die realiteit, die hegte gesinslewe tussen ouers en kinders en die onderonsies tussen kinders. Die titel Hartsverlange laat ‘n mens wonder in die begin maar soos die wel en wee van die gesin aangaan, kom die hartsverlange na vore.
Tina was in ‘n motorongeluk en in ‘n koma … Gaan Tina se lewe ooit weer dieselfde wees as voor die ongeluk?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page