Price range: R69.00 through R189.00

Roos van my Hart

In die 1970’s begin Rina, ’n stadsmeisie, haar lewe as bruid van Johan op die plaas Damaron in Suidwes-Afrika. Sy vind geluk, liefde en aanvaarding, en hul seun, Albert, word gebore. Maar Johan word grens toe gestuur en keer terug – gebroke in liggaam en gees. Rina moet alleen sterk staan. Haar geloof word beproef en sy begin ’n pad van pyn en aanvaarding. Sal sy weer ware geluk vind, of bly sy gevange in herinneringe aan die liefde wat was?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-77632-739-3 140 2022-04-04 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Die verhaal, ROOS VAN MY HART, speel af in die jare 70’s. Rina, ’n stadsmeisie, begin haar toekoms as die bruid van Johan Steenkamp, op die plaas Damaron, in Suidwes-Afrika.
Rina pas gou aan by die onbekende plaaslewe. Sy beleef vele geluk saam met Johan en raak geliefd onder die plaaswerkers en die omgewing se mense. Klein Albert word gebore, haar lewe is volmaak.
Totdat Johan deur die kommando’s opgeroep word om vir drie maande grens toe te gaan, en Rina met die hulp van die plaaswerkers die mas moet opkom.
Johan kom terug plaas toe in ’n rolstoel, gebroke en later ʼn skaduwee van die fors man wat hy eens was. Rina bid elke dag vir genesing, maar God het sy eie plan. Hy neem Rina op ʼn kruistog met vele ontberings en beproewings.
Die lewe moet aangaan sonder haar geliefde Johan, terwille van klein Albert, kom Rina later tot die besef. Is geluk ooit weer vir haar beskore? Of gaan sy vir die res van haar lewe aan Johan se herinneringe bly vasklou?

Book Type

, ,

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Roos van my Hart”