Price range: R59.00 through R159.00

Die beloop van die lewe

Jacoba is vasgevang in ’n destruktiewe huwelik, maar kies om haar drie kinders alleen op die plaas in liefde groot te maak. In haar soeke na vrede vind sy hoop en liefde by Albertus. Hoewel die gesin geluk beleef, worstel sy met bekommernis oor haar jongste seun, Poul, wie se selfdood haar wêreld verpletter. Temidde van rou en vrae sonder antwoorde, ervaar sy die Here se genade wat haar ophef en ’n nuwe doel in die lewe gee.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-77646-176-9 106 2023-10-30 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Die beloop van die lewe, neem die leser op ’n kruistog van vele ontberinge en beproewings. Jacoba is vasgevang in ’n huwelik waar drank, kru taal en buite-egtelike verhoudings aan die orde van die dag is. Sy kom te staan voor een van die grootste besluite van haar lewe wanneer sy besef dat haar ongelukkige huwelik haar drie kinders baie skade aandoen.
Jacoba bly op haar knieë vir leiding van die Hoërhand, en op ’n dag kom die antwoord. Sy moet teruggaan plaas toe, na haar ouerhuis, en haar drie kinders in vrede en liefde alleen grootmaak.
Een Sondagoggend in die kerk, vang die man met die donker, geheimsinnige oë en rooi das Jacoba se oog. Na Ben, wil sy niks weet van enige man nie, maar Albertus is moeg vir alleenwees, en geleidelik breek hy die skanse om haar hart af. Die kinders geniet die plaaslewe en hulle is duidelik mal oor Albertus, en hy oor hulle. ’n Dogter word uit die huwelik gebore en soos wat die jare aanstap, bly Jacoba op haar knieë vir raad en leiding. Veral haar jongste seun, Poul, maak haar baie onrustig. Hy werk te hard en het ’n groot liefde vir wilde perde. Dan kom die oproep wat haar moederhart uitmekaarskeur: Poul het selfmoord gepleeg! Here, daar is soveel hoekoms en waaroms met geen antwoorde. Hoe staan ’n moeder weer op uit die moeras nadat haar lieflingskind besluit het om self ’n einde aan sy lewe te maak? Maar, die Heer se genade is groot. Hy het Jacoba opgelig uit die moeras en haar ’n nuwe doel in die lewe gegee.

Book Type

, ,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die beloop van die lewe”