Susan Tosen

Susan Tosen (Jordaan) is op 29 Maart 1972 in Pretoria gebore as die jongste dogter van Trien en Chrisjan Tosen. Sy het reeds op vyfjarige ouderdom skool toe gegaan en in 1990 haar matriek aan Frikkie Meyer Hoërskool in Thabazimbi voltooi. Ná die afsterwe van haar vader in 1984 en haar moeder in 1986 het sy en haar oudste suster, Frieda Ferreira, op mekaar moes steun.

Susan is die moeder van twee kinders, Chatharina Elizabeth Taylor en Gert Chrisjan Mauritz Brits, en ouma van twee kleinkinders. Sy skryf al van kleins af en het op aanmoediging van ander haar debuutroman, Kronkelpad, via Marleo Uitgewers gepubliseer. Daarna het sy verskeie ander titels die lig laat sien.

Saam met haar man, Danie Jordaan, en die volgehoue ondersteuning van haar geliefde tannie Ria Combrinck, bou sy voluit aan haar skrywersdroom. Susan woon tans in Devon, ’n rustige dorpie in Gauteng, waar sy in stilte skryf en droom vir haar familie se toekoms.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Leesgenot 12

Price range: R99.00 through R269.00

Drie Verhale in een

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oase in my woestyn

Price range: R59.00 through R169.00

Sarafina word deur die kommissaris aangesê om te help met die soektog na die baasbrein agter die ontvoering. Sarafina, net soos Heilda, dra swaar aan die bagasie van haar verlede. Sy betoon geen genade toe hulle die ontvoerders vastrek nie, maar die baasbrein is ’n glibberige vent wat hom nie laat vang nie.
Hoekom het die twee mans die wetenskaplike ontvoer? Wat is Sarafina en Heilda se storie, en gaan Xander daarin slaag om hulle almal veilig te hou?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Omnibus Trane en Verwyte

Price range: R89.00 through R209.00

Trane van ’n Kind.
Ria Steyn het gedink haar ware identiteit kan sy versteek agter vuil mure vol graffiti, totdat daar ’n moord gepleeg word in die woonstel langsaan. Wie is Ria Steyn en wat is haar verbintenis met die agtien meisies wat in die George, Hermanus, Kleinmond en omliggende gebiede onverklaarbaar vermis geraak het?
Verwyte oor Verlore Tyd
Net ’n paar dae terug het Santie voor die oop graf gestaan. Haar man en kinders half agter haar. Hulle het die vrou begrawe wat haar in die lewe gebring het en wat sy haar hele lewe lank nie wou erken as haar ma nie.Nou sit sy in die prokureur se kantoor en kan nie glo wat sy hoor nie. Die brief in haar ma se handskrif keer haar hele lewe op sy kop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sake van die hart

Price range: R39.00 through R139.00

Sue-Ann Bekker is besig met ’n ingewikkelde hofsaak, waar haar kliënt in hegtenis geneem is op aanklagte van moord, poging tot moord en oortreding van privaat eiendom. Haar senuwees is reeds op breekpunt toe Dewaal Kok haar kantoor binnestap en haar daarvan beskuldig dat sy met sy pa se lewe speel omdat dit haar so lank neem om sy onskuld te bewys. Indien sy pa iets moet oorkom in die tronk, gaan hy haar verantwoordelik hou.
Sy wil die arrogante man summier in sy peetjie stuur, maar besef gou dat sy hom nodig het om haar te help met die saak.
Soos die ondersoek vorder, kom Sue-Ann agter dat Dewaal vir haar veel meer begin beteken as net om haar te help met sy pa se saak. Sy is egter bang vir seerkry, daarom kon sy dit nog altyd reggekry om alle mans op ’n afstand te hou.
Maar Dewaal is anders… Of is hy?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page