Trane van ’n Kind.
Ria Steyn het gedink haar ware identiteit kan sy versteek agter vuil mure vol graffiti, totdat daar ’n moord gepleeg word in die woonstel langsaan. Weer moet sy vlug, om mense vir wie sy omgee nie in gevaar te stel nie. Weereens moet sy haar eie lewe op die spel plaas, om ander lewens te red. Frank de Kock, wat die moordsaak ondersoek, kom agter die meisie is nie so naïef en onskuldig soos wat sy voorgee om te wees nie, en toe sy boonop op die vlug slaan, is hy vasbeslote om agter die waarheid te kom. Wie is Ria Steyn en wat is haar verbintenis met die agtien meisies wat in die George, Hermanus, Kleinmond en omliggende gebiede onverklaarbaar vermis geraak het?
Verwyte oor Verlore Tyd
Net ’n paar dae terug het Santie voor die oop graf gestaan. Haar man en kinders half agter haar. Hulle het die vrou begrawe wat haar in die lewe gebring het en wat sy haar hele lewe lank nie wou erken as haar ma nie.Nou sit sy in die prokureur se kantoor en kan nie glo wat sy hoor nie. Die brief in haar ma se handskrif keer haar hele lewe op sy kop. Na haar boetie se ongeluk kon sy niks onthou wat daardie dag gebeur het nie. Nie eens hoe sy die besering opgedoen het wat ’n permanente letsel aan haar linkerskouer gelaat het nie. Dan gebeur iets traumaties wat nog ’n groter letsel laat. Met die liefde en toewyding van haar familie, stap sy die lang pad na herstel.
Sake van die Hart (Groot Druk)
R189.00Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

Reviews
There are no reviews yet.