Xander Stewards, ’n Plantbiochemikus, bevind hom na ’n familie-trauma, in die Saharawoestyn. Twaalf jaar later swerf hy steeds deur die woestyn, waar hy navorsing doen oor skaars plantsoorte. Hy vind ’n erg beseerde, bewustelose jongman tussen die sandduine, en neem hom na sy tent. Heilda, wat nou al die afgelope tien jaar saam met Xander rondtrek, bekyk elke nuwe vreemdeling wat Xander by die tent aanbring, of dit dalk haar broer kan wees.
Tien dae later maak die vreemdeling sy oë oop. Ruan Vermeulen, ’n wetenskaplike, vertel hoe hy deur twee mans ontvoer en gemartel is. Hy kon dit regkry om uit aanhouding ontsnap, en dis waar Xander hom in die Saharawoestyn gevind het. Xander besef die wetenskaplike verkeer in lewensgevaar, hy kan dalk ongewenste besoekers na hulle tent lok. Hy gaan soek hulp by die Marokkaanse Polisiekommissaris, maar kan hy hom werklik vertrou?
Sarafina word deur die kommissaris aangesê om te help met die soektog na die baasbrein agter die ontvoering. Sarafina, net soos Heilda, dra swaar aan die bagasie van haar verlede. Sy betoon geen genade toe hulle die ontvoerders vastrek nie, maar die baasbrein is ’n glibberige vent wat hom nie laat vang nie.
Hoekom het die twee mans die wetenskaplike ontvoer? Wat is Sarafina en Heilda se storie, en gaan Xander daarin slaag om hulle almal veilig te hou?
Sake van die Hart (Groot Druk)
R189.00Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

Reviews
There are no reviews yet.