Sue-Ann Bekker is besig met ’n ingewikkelde hofsaak, waar haar kliënt in hegtenis geneem is op aanklagte van moord, poging tot moord en oortreding van privaat eiendom. Haar senuwees is reeds op breekpunt toe Dewaal Kok haar kantoor binnestap en haar daarvan beskuldig dat sy met sy pa se lewe speel omdat dit haar so lank neem om sy onskuld te bewys. Indien sy pa iets moet oorkom in die tronk, gaan hy haar verantwoordelik hou.
Sy wil die arrogante man summier in sy peetjie stuur, maar besef gou dat sy hom nodig het om haar te help met die saak.
Soos die ondersoek vorder, kom Sue-Ann agter dat Dewaal vir haar veel meer begin beteken as net om haar te help met sy pa se saak. Sy is egter bang vir seerkry, daarom kon sy dit nog altyd reggekry om alle mans op ’n afstand te hou.
Maar Dewaal is anders… Of is hy?
Sake van die Hart (Groot Druk)
R189.00Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

Reviews
There are no reviews yet.