Kom saam met my op ‘n Reis deur my Gedagtes. Dalk sien jy jouself ook daarin. Verbeel jou jy het ‘n warboel van gevoelens en emosies wat jy ervaar, maar jy weet nie hoe om dit te verwoord nie. Jy raak verder gefrustreerd en voel dalk selfs ‘n bietjie depressief. Nou, verbeel jou jy het die Reis deur my Gedagtes saam met my deurgemaak. Skielik begin dinge vir jou méér sin maak en jy het die woorde om aan ander te beskryf wat jy ervaar het. Jy maak dit dan jou eie. Noudat jy weet wat jy deurgegaan het en beter verstaan hoe om jouself uit te druk, neem jy jou pen op en die woorde vloei soos ‘n fontein uit jou binneste. Dít is wat met my gebeur het.
Voetspore van my siel
R149.00In die vensters van jou siel wil ek net saggies kom rus in jou geurige liefdeskelk lê veilig in jou tere liefde omvou.

Reviews
There are no reviews yet.