Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.
Bekende vreemdeling (Toeganklike Grootdruk)
R229.00Talita Groenewald se lewe verbrokkel in een oomblik toe haar verloofde haar verraai en vir ‘n ander vrou kies. Wanneer Talita ontdek dat die man wat sy probeer vergeet het, niemand anders as die invloedryke Jacques Streicher is nie, word haar wêreld weer omvergewerp. Sal sy die moed hê om die waarheid te onthul? En sal Jacques haar kan vergewe vir die geheim wat sy al die jare bewaar het?

Reviews
There are no reviews yet.